Polisie op hoë gereedheidsgrondslag ontplooi in Khutsong

Deel op
brandmens
Boendoegereg

‘n Sesde persoon het in Khutsong naby Carletonville aan die Wes-Rand gesterf, het die polisie in Gauteng Maandag gesê.

“‘n Man se lyk is Sondagaand gevind, hy is aan die brand gesteek,” het brig. Neville Malila, polisiewoordvoerder, gesê.

Malila het gesê die polisie is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag en monitor die situasie.

“Die polisie is sigbaar in die gebied en niemand is nog in hegtenis geneem vir die moorde nie.”

Vyf mense, insluitend ‘n tradisionele geneser, het Sondag aan die hande van inwoners gesterf. Dít nadat sowat 400 mans, vermoedelik inwoners van Khutsong, ‘n vergadering gehou het om bende-aktiwiteite in die gebied te bespreek.

Malila het gesê een van die groepe het na ‘n huis gegaan, waar hulle ‘n 61-jarige tradisionele geneser aangeval en hom en sy huis aan die brand gesteek het. Die man het op die toneel gesterf.

Ander groepe wat die vergadering bygewoon het, het na ander gebiede gegaan, waar twee jong mans, wat glo bendelede is, aangerand en aan die brand gesteek is. Hulle het ook op die toneel gesterf.

Malila het gesê in Extension Five, Carlentonville, het die groepe verskeie mense, wat hulle gedink het bendelede is, aangerand.

“Twee vermeende bendelede is gestenig. Een van hulle het op die toneel gesterf en die ander een in die hospitaal.

“Polisievoertuie wat op oproepe gereageer het, is met klippe bestook en beskadig.” – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.