Dodetal in Khutsong styg na boendoehowe

Deel op
Klipgooiers
Klipgooiers

Die polisie is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas nadat oproer in Khutsong uitgebreek het. Inwoners steek polisievoertuie onder klippe en van die voertuie is beskadig.

Die situasie in die gebied is gespanne nadat lede van die gemeenskap lewendig verbrand is na boendoehofuitsprake. Die dodetal het intussen gestyg na ses.

Die waarnemende Gautengse provinsiale polisiekommissaris het die gemeenskap van Khutsong aan die verre Wes-Rand gevra om enige inligting aan die polisie te verskaf oor bendebedrywighede in die gebied.

Kommissaris Lesetja Mothiba het inwoners gevra om nie die reg in eie hande te neem nie nadat geweldadige botsings oor bendebedrywighede tot die aanvanklike dood van vyf mense gelei en verskeie beseer is.

Die geweld het uitgebreek na ‘n vergadering oor bendebedrywighede.

‘n Groep mense is na die huis van ‘n toordokter van 61. Hulle het hom en sy huis aan die brand gesteek waarna splintergroepe toe na bendelede in die gebied gaan soek het en nog twee mans aan die brand gesteek het.

Ander twee vermeende bendelede is met klippe bestook.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.