EFF groei na ‘vuil stemme’ en Dali Mpofu oorloop

Deel op
Dali Mpofu
Dali Mpofu

Ontstoke inwoners van Bekkersdal aan die Verre Wes-Rand dreig met anargie nadat die ANC gesê het hulle het nie inwoners se “vuil stemme” nodig nie.

Samesprekings met die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Lechesa Tsenoli het in duie gestort.

Verteenwoordigers het Sondag uit die samesprekings gestap nadat hulle sowat agt ure lank geredekawel het.

Die samesprekings het gevolg na dae van gewelddadige betogings in die gebied waarin een persoon dood is.

Inwoners eis onder meer die skorsing van die burgemeester en raadslede van die gebied en vra dat die munisipaliteit onder administrasie geplaas word.

Tsenoli sê die munisipaliteit kan nie sonder konkrete redes onder administrasie geplaas word nie, maar dat daar onmiddellik opgetree sal word indien bewys kan word dat die burgemeester en raadslede korrup en onbevoeg is.

Maar Bekkersdal was nie in die bui vir die ANC se pogings om hulle te paai nie.

Die gemeenskap het opstandig geraak ná ‘n ernstige teregwysing van die Gautengse provinsiale leier Nomvula Mokonyane oor hul oproerigheid. “Mense ons kan dreig en sê dat hulle nie sal stem nie, maar die ANC het nie hulle vuil stemme nodig nie,” het sy glo aan hulle gesê.

Die Bekkersdalgemeenskap dreig nou om die ANC uit die kussings te lig deur hul stemme aan die EFF te gee.

Mokonyane is deur Westonaria se burgemeester, Nonkoliso Tundz, ondersteun wat haarself na bewering nog meer ongewild as die premier gemaak het deur inwoners te beledig toe sy na hulle as “inkwenkwe” verwys het, ‘n term vir diegene wat nog nie by die inisiasieskool was nie en gesien word as seuns.

Inwoners sê die ANC nie hulle “vuil stemme” nodig het nie, is daar ander politieke partye wat dit beter sal aanwend om effektief na die kiesers om te sien in teenstelling met hoe die ANC hulle behandel.

Baie inwoners van Bekkersdal sal vir die EFF [ Ekonomiese Freedom Fighters ] stem, het ‘n swart student in mediastudies gesê.

Advokaat Dali Mpofu het intussen vir nog ‘n opskudding in die ANC gesorg nadat hy bedank uit die party om by die EFF aan te sluit.

“Interne verlamming [ in die ANC ] is sodanig dat dit ‘n kwessie van tyd is voordat dit irrelevant tot die breër revolusie raak,” het Mpofu aan City Press gesê .

Mpofu was vir 33 jaar ‘n lid van die ANC.

Hy is tans by die Farlam Kommissie van Ondersoek om gesinne van die mynwerkers wat dood is by Marikana verlede jaar, te verteenwoordig.

Die advokaat het aan City Press gesê dat hy glo dat “radikale beleid ” nodig is om die armes te help. Hy het gesê die rykes moet aan die armes gee om “stabiliteit” te bewerkstellig.

“My enigste voorspelling is dat kiesers met die verloop van tyd sal sien dat hulle net weens die sentiment en die naam [van die ANC] ondersteun.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.