Inflasie, looneise hoër

Deel op
Daniel Mminele
Daniel Mminele

Die adjunk-president van die Reserwebank, Daniel Mminele, sê inflasieverwagtings in Suid-Afrika is ongemaklik naby aan die boonste vlak van die bank se teikenband.

Hy het by die Phalaborwase Kamer van koophandel in Limpopo gesê salarisse en die wisselkoers hou moontlike gevare vir inflasie in.

Die bank se inflasieteiken is tussen drie en ses persent. Syfers verlede maand het getoon dat hooflyn-verbruikersinflasie in September op ‘n jaargrondslag tot ses persent verlangsaam het.

Dit was 4,6% in Augustus. Die swakker Rand, wat vanjaar met sowat 20 persent teen die dollar gedaal het, het aansienlike druk op pryse geplaas, terwyl ‘n groot aantal salarisverhogings bo die inflasiekoers, veral in die mynbedryf, die druk laat toeneem het.

By die Zondereinde Platinummyn op Northam in Limpopo, is verskeie bedrywighede opgeskort nadat sowat seweduisend lede van die mynwerkersvakbond NUM gisteraand begin staak het. Sekuriteit is ook verskerp.

Die staking volg nadat onderhandelings oor salarisverhogings en werksomstandighede op ‘n dooiepunt uitgeloop het.

Die vakbond weier om te sê wat die persentasie verhoging is wat hy eis, maar dit word op tussen 22% en 43% beraam.

Die myn bied volgens die vakbond ‘n verhoging van 6,5% aan. ‘n Woordvoerder van die NUM sê werkers het by die perseel opgedaag, maar het nie vir die nagskof ondergronds gegaan nie.

Intussen is Anglo American Platinum en Lonmin ook besig met salarisonderhandelings met vakbonde.

Werknemers van Amplats, wat lede is van die AMCU-vakbond is, het vroeër ten gunste van ‘n staking gestem nadat samesprekings ‘n dooiepunt bereik het.

Die vakbond het egter ingestem tot mediasie op regeringsvlak. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.