Nuwe Ford Fusion bekendgestel

Die 2014 Ford Fusion
Die 2014 Ford Fusion

deur André Olivier

Die stylvolle en tegnologies gevorderde Ford Fusion is by die Johannesburgse Internasionale Motorskou (JIMS) aan die publiek bekendgestel. Met ‘n vars buite-ontwerp, ‘n stylvolle binneruim, ‘n nuwe hoë-doeltreffendheids- Ford EcoBoost-enjin, gemak en veiligheidstegnologie, sal die Fusion sy posisie as die vlagskipmodel in die maatskappy se portefeulje inneem wanneer dit binne die volgende twaalf maande in Suid-Afrika vrygestel word.

Die Fusion is die produk van die voortgesette ontwikkeling van Ford se kinetiese ontwerp, met subtiele visuele leidrade wat in die sleutelareas soos die voor-en agterkant opgeneem is. Die Fusion se binneruim beskik oor ‘n premiegevoel met ‘n verskeidenheid van hoëgehaltestowwe.

Die Fusion sal gebruik maak van Ford se bekroonde EcoBoost-tegnologie as deel van ‘n reeks van afgeleide instrumente wat nader aan die Suid-Afrikaanse vrystelling bevestig sal word.

Bestuurdershulp, gemak en gerieffunksies is volop in die Fusion, waaronder stelsels vir snelwegbaanvertrekwaarskuwing. Nuwe tegnologie vir die verbetering van veiligheid en gerief is hoog op Ford se prioriteitslys.

Die nuwe Fusion-reeks sal verpak word met slim funksies wat kliënte voorsien met selfs hoër vlakke van gerief en selfvertroue. Eienskappe wat reeds in die Kuga gebruik word, sal ook in die Fusion-reeks opgeneem word. Funksies soos Ford se dooiehoekinligtingstelsel, spoedbeperker en tru-ratkamera. LED-beligtingstegnologie word gebruik vir die dagryligte en agterste stert- en remligte, asook in die binneruim van die motor.

Die ontwerp, tegnologie en kwaliteit wat gelewer word met die nuwe Fusion demonstreer die belangrike rol wat hierdie model in Suid-Afrika sal speel. Die vordering wat Ford se ingenieurs in brandstofverbruik en uitlaattegnologie bereik het deur die EcoBoost-petrolenjins sal toelaat dat kliënte die geleentheid kry om ‘n groot motor te bestuur sonder om skuldig te voel oor die omgewingsimpak van die motor.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Rooikop

    Pragtig.