Vier vermeende Diepsloot-kinderverkragters en moordenaars los

Diepsloot
Deel op

DiepslootAanklagte teen vier van die vyf mans wat van die ontvoering, verkragting en moord op twee kleuters in Diepsloot aangekla is, is Vrydag in  Pretoria se landdroshof teruggetrek.

Die staatsaanklaer, Matric Lupondo, sê daar is bewyse dat die mans nie in Diepsloot was toe die misdaad gepleeg is nie.

Landdros Len Miller het die aanklagte teen vier van die mans teruggetrek, maar ’n vyfde sal in aanhouding bly.

Dié saak is tot 27 November vir verdere ondersoek uitgestel. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.