Ope brief aan Adriaan Basson

Deel op

delport_manfred_600

deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Vir die afgelope paar dae het ek gewik en geweeg of ek iets oor die Boeremag moes skryf. Dis moeilik om enersyds intens jammer te wees vir die manne en veral vir hul gesinne, wat ek wel is, maar ook terselfdertyd te probeer sin maak van die absurde planne wat hulle na bewering sou beraam het. Ek is steeds nie seker dit was hulle eie planne nie, want hoe kan intelligente mense, sommiges met militêre opleiding, met sulke belaglikhede soos ‘n broeikas langs die N1 vorendag gekom het? Dit lyk vir my al te veel na wat die Engelsman “entrapment” sou noem: ‘n moedswillige geplant van “getuienis” deur agents provocateurs om nie net van regses ontslae te raak nie, maar ook om enige legitieme vryheidsoeke deur Afrikaners te probeer diskrediteer.

My gewik en geweeg is egter oor die spreekwoordelike afgrond gedryf toe ek toevallig ‘n plasing van Sunette Bridges op Facebook gesien het, wat ‘n skakel bevat het na ‘n ope brief van ‘n voormalige City Press-joernalis, Adriaan Basson, wat deesdae sy misdade teen objektiewe joernalistiek by Beeld pleeg.

Dié ellendige stuk propaganda is aan ‘n weerlose elfjarige kind gerig, die dogter van een van die Boeremaglede, Mike du Toit, by name Cemoné du Toit. Nou kyk, ek het al baie gemors gelees wat Naspes se blaaie besmet het, maar hierdie stuk onsin peil nuwe dieptes van swak smaak. Dit is slegs ‘n Naspesjoernalis wat tot sulke dieptes kan daal, om sy verwronge, siek NSA-propaganda aan ‘n elfjarige kind te wil rig, wat pas van haar pa vir ‘n onbepaalde aantal jare moes afskeid neem. Die volgende is kennelik retories, want ‘n Naspesjoernalis sou nie aangestel word, had hy wel ‘n gewete nie: maar het jy waaragtig geen skaamte nie, Adriaan Basson? Skaam jy jou nie om boonop so skaamteloos vir ‘n weerlose kind te lieg nie?

In die stuk propaganda hierbo, word die gewone Mandela-as-‘n-heilige-mite opgedis, en as een of ander rolmodel aan Cemoné voorgehou. Wat Basson egter op raaiselagtige wyse verswyg, is presies waarom Sint Mandela toegesluit is. Wenk, meneer Basson: Dit was nié omdat Mandela lekkergoedjies gesteel het by die Portugees se kafee nie. Dit was vir die beplanning van terreurdade. Dit was vir hoogverraad. Dit was vir beplande sabotasie, met tonne springstof en dodelike wapens as hulpmiddels. Jy en ek ken beide die waarheid oor jou terroris-afgod. Waarom noem jy dit nie eens in jou ope brief nie, mnr Basson?

Voorts moet mens jou Valoid-tablette maar gerus byderhand hou om die res van die walglike NSA-lofsingery in Basson se brief te wil trotseer. Basson lieg, sonder om te blik of te bloos, wanneer hy beweer swartes is van onderwys ontsê. Verduidelik gerus vir ons, meneer Basson, hoe jou terroris-afgod Mandela homself dan, saam met sy vennoot, Oliver Tambo, as prokureurs kon bekwaam? As jy een greintjie integriteit gehad het, sou jy moes erken dat die blanke belastingbetaler inteendeel miljarde aan swart gesondheidsorg en onderwys spandeer het. Hoe dúrf jy so lieg vir ‘n blote kind?

Guptatopie word ook as een of ander land van melk en heuning voorgehou, met pragstukkies soos die volgende aanhaling van Basson se terroris-afgod: “Nooit, nooit en nooit weer sal hierdie mooi land die verdrukking van een deur ’n ander ervaar en ly onder die vernedering om die muishond van die wêreld te wees nie.”

Ai, te pragtig. Ek kry sommer ‘n knop in die keel oor sulke “inspirerende” woordjies.

Net jammer dis alles loutere twak en leuens. Die “nie-rassige” NSA waaroor Basson so gaande is, is eerder die “alles-behalwe-blanke” NSA.

Twee dae vóór Basson se ope brief in Beeld, het daar byvoorbeeld in die media berigte verskyn van Solidariteit wat SAA genader het om te soebat dat blanke leerlingvlieëniers tog net asseblief ook die geleentheid gegun moes word om opgelei te word deur ‘n redery wat met hul blanke ouers se belastinggeld aan die gang gehou word. In hul eie land, bid jou aan! Rassistiese regstellende aksie is oral. Honderde duisende blankes is vermoor, beroof, verkrag, etnies gereinig en van werksgeleenthede ontsê.

Waarom dink Basson dit ook nie goed om hierdie ongemaklike feite, wat ‘n bespotting van sy propagandistiese leuens maak, aan Cemoné oor te dra nie? Lees mens Basson se gelieg en bedrieg, sou jy sweerlik dink dat blank en swart die Beloofde Land olv die ANC in 1994 binnegegaan het.

Ek hoop regtig nie Cemoné du Toit lees hierdie en ander, soortgelyke, stukke voordat sy genoeg verstand het om die kompleksiteit van die saak te verstaan nie, maar die Boeremag het nie uit ‘n vakuum ontstaan nie. Ek keur geweld ten sterkste af. Ek dink persoonlik die Boeremag se planne (as dit hoegenaamd hul eie was), was absurd, maar Cemoné du Toit se pa, asook die res van die blankes in SA, het rede om gegrief te voel. Anders as wat die Bassons van die lewe ons wil vertel, het die Land van Melk en Heuning nie op 28 April, 1994 op ons neergedaal, met Sint Mandela as ons eie Moses nie. Die Boeremag was in een opsig reg: Die bloederige NSA is ‘n nagmerrie vir blankes. Blankes word geteiken, vermoor, en daar word teen ons gediskrimineer. Ons het die vermoë om oor ons eie lot te beskik in 1994 verloor, juis toe ander volkere, veral in die ou USSR, dit teruggewen het.

As swartes hul vóór 1994 onderdruk gevoel het, voel elke aspirant- blanke leerlingvlieënier hom ná 1994 onderdruk. As Basson apartheid as wreedaardig beskou, beskou ons op ons beurt plaasmoorde en stedelike haatmisdaad wat teen blankes gerig word, as selfs meer wreedaardig. As gevolg van diegene soos Basson se ontkennery van die neo-apartheid wat blankes sedert 1994 teiken, gaan daardie einste Cemoné du Toit ook, die dag as sy aan UCT medies wil gaan studeer, of as sy werk soek, self verdrukking ervaar.

Eendag, wanneer Cemoné du Toit se drome verpletter word omdat haar vel te wit is, gaan sy en haar generasie kwaad wees. En hul woede gaan ook op die leuens van Adriaan Basson en trawante gerig wees. Die Boeremag, Adriaan Basson, is jou en jou mede-propogandiste se eie skepping, omdat julle aanhou lieg vir die slagoffers van neo-apartheid, en omdat julle weier om legitieme blanke griewe ernstig op te neem.

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.