VN prys SANW in DRK

Deel op
Martin Kobler
Martin Kobler

Die Verenigde Nasies se spesiale verteenwoordiger in die Demokratiese Republiek van die Kongo, Martin Kobler, was vol lof vir die Suid-Afrikaanse soldate wat in die ooste van die land ontplooi is.

Die soldate was deel van ‘n operasie teen M23 rebelle in die oorlog-geteisterde streek.

Volgens Kobler het hulle ‘n belangrike rol gespeel in die beskerming van burgerlikes toe gevegte verlede week in Kiwanja uitgebreek het.

Kobler het die minister van Verdediging, Nosiviwe Mapisa Nqakula ontmoet, wat die soldate besoek het. Hy het die Suid-Afrikaanse soldate bedank vir hulle bydra om lewens te red, en het hulle as dapper en professioneel bestempel.

Intussen het Kongolese regeringsoldate die oostelike grensdorp, Bunagana ingeneem terwyl die meeste M23-rebelle padgegee het.

Dit was die laaste belangrike DRK-dorp waarvan hulle in beheer was. Dit was ook die eerste plek wat die rebelle verlede jaar ingeneem het.

Die oorname van die regering en VN se gesamentlike mag in die land, is die jongste sukses wat behaal is in die 20-maandlange rebellie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.