Inwoners van Duduza buite Nigel aan die Oos-Rand het Dinsdag op ‘n wyksraadslid en voorsitter van hulle gemeenskapstaakspan begin dreig met die dood. Die twee moes na ‘n plek van veiligheid vlug.
Die tierende skare het oproerig begin raak en gedreig om die raadslid se motor aan die brand te steek.
Die inwoners het ‘n openbare vergadering gehou waar hulle dit duidelik gemaak het dat die taakspan nie aandag gee aan hulle griewe nie.
Van die belangrikste knelpunte dateer terug na Augustus vanjaar toe ‘n Somaliese winkeleienaar na bewering ‘n 23-jarige man doodgeskiet het. Dit het tot ‘n vlaag xenofobiese geweld gelei wat twee dae geduur het voordat die polisie die orde kon herstel.
Plundery en vandalisme van winkels wat aan buitelanders behoort is aangemeld.