Ambulanse by braaiplek, beseerde sterf

Deel op

ambulansDie Oos-Kaapse gesondheidsdepartement is bekommerd oor die  “misbruik van die ambulansvloot” nadat twee ambulanse die naweek by ’n gewilde braaiplek opgemerk is.

“Ons is bekommerd oor die gedrag van sommige van ons beamptes,” sê ’n woordvoerder, Sizwe Kupelo.

Die voertuie is gesien by Ebuhlanti se strandgebied, ’n gewilde partytjie- en braaiplek.

’n Foto op die koerant Dispatch se webwerf wys die ambulans onder ’n boom, ’n vuur langsaan, die deure van die ambulans oop en ’n man wat by die voertuig staan.

Volgens die fotograaf was daar twee mans wat voor die ambulans gestaan en rook het en toe hy verbyry, het hulle geglimlag en vir hom gewaai. Kort daarna het nog ’n ambulans aangekom.

In ’n verrassende wending het die bestuurders nadat die foto geplaas is ’n verklaring uitgereik waarin hulle sê hulle het “toestemming gehad om daar te wees”.

Die voorval het gebeur oor dieselfde naweek wat ’n krieketspeler in Alice dood is omdat ’n ambulans glo nie opgedaag het om hom hospitaal toe te neem nie.

Die departement was ook onlangs in die nuus weens petrolkaartbedrog. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.