Zuma vertel die Rooi Barette wie geveg het

Deel op

jujulegoPres. Jacob Zuma het die afgelope naweek in die Oos-Kaap ’n dwarsklap na die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) gemik.

“Sommige sê hulle veg vir ekonomiese vryheid. Wie onderdruk hulle ekonomies? Van wie soek hulle ekonomiese vryheid?” het Zuma volgens DispatchOnline gesê.

“Net die ANC het aan Suid-Afrika vryheid gebring. Toe dit tyd was om te veg, was dit ons wat vir vryheid gesterf het. Ons is in hegtenis geneem en het na Robbeneiland gegaan en ons is die enigste party wat mense in Suid-Afrika se situasie kan verander.”

Zuma het sowat 500 mense by die Laerskool Nonzwakazi in Mdantsane toegespreek voordat hy ’n gedenklesing  in Oos-Londen gelewer het.

Hy het aan inwoners gesê om nie hul stem op opposisiepartye te verkwis nie en het gesê dit sal so nutteloos wees soos om “jou stem in die see te gooi”.

“Daar sal baie wees wat sal sê niks het sedert 1994 verander nie. Hulle sal die ANC kritiseer en tog het hulle nog nie een ding vir julle gedoen nie en sal nooit, want hulle is nie in die regering nie.”

Die EFF is gestig deur Julius Malema, voormalige president van die ANC-jeugliga, nadat hy uit die regerende party geskors is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.