Waarheen is die Intelligensiediens se miljarde?

Deel op
 Cecil Burgess
Cecil Burgess

Collins Chabane, minister in die presidensie, het erken dat die verslae van die parlement se staande komitee oor intelligensie reeds die afgelope drie jaar nie deur die presidensie ontvang is nie.

Suid-Afrika se intelligensie gemeenskap het sedert 2010 sowat R18 miljard bestee, maar niemand weet waarop nie.

Die wet op intelligensie-oorsig bepaal egter dat die staande komitee jaarliks ’n jaarverslag by die presidensie, die parlement en die minister van staatsveiligheid moet voorlê.

Die Kleurlingvoorsitter van die staande komitee, ANC-LP Cecil Burgess, is die persoon wat daarvoor verantwoordelik is dat die jaarverslag ingedien word.

Die departement van staatsveiligheid, wat opleiding aan binnelandse en buitelandse spioene verskaf, kwyt hulself blykbaar te goed van hul taak, aangesien hul aktiwiteite hoogs geheim bly.

In teenstelling met alle ander staatsdepartemente is daar geen besonderhede in die regering se jaarlikse begroting oor wat met die miljarde rande – wat reeds byna R20 miljard sedert 2010 beloop – gedoen word nie.

Die enigste oorsig oor intelligensie geskied deur die veelpartykomitee in die parlement, die gesamentlike staande komitee oor die aangeleentheid, maar hulle vergader in die geheim en die LP’s wat op die komitee dien mag nie verslag doen nie.

Dit is selfs nie duidelik wie moet sorg dat alles pluis is in staatsveiligheid nie. Niemand weet waarvoor die R20 miljard aangewend is nie en wat die uitwerking of gevolge van daardie bedrag was nie.

Die Suid-Afrikaanse staatsveiligheidsdienste is die afgelope drie jaar geruk deur ’n reeks skandale.

Ten spyte van getuienis dat die sogenaamde Boermagsaak deur die intelligensiedienste beplan en uitgevoer is, is daar ‘n oorverdowende stilte van die media en die regbank daaroor. ‘n Soortgelyke saak waar die staat teen homself optree, is uit die Duitse howe gesmyt.

Alhoewel miljarde klaarblyklik aan die intelligensiegemeenskap beskikbaar gestel word, is feitlik geen niks bekend oor die dryfvere van plaasmoorde nie, in weerwil van die opspraakwekkende aantal wit boere wat vermoor word.

Nie die Marikana-menseslagting òf die De Doorns-opstande teen wit wynboere is blykbaar voorsien nie.

In Bekkersdal gee die ANC tans die media die skuld vir die voortslepende opstande en onrus wat soos elders deur opsetlike swak munisipale afbakenings veroorsaak word.

Vrae oor hoekom dr. Siyabonga Cwele, minister van staatsveiligheid, volle veiligheidsdienste ter waarde van miljoene rande aan sy dwelmmuilvrou beskikbaar gestel het is nooit beantwoord nie.

Sheryl Cwele is uiteindelik skuldig bevind aan dwelmverwante klagte, maar sy is daagliks deur spioene opgepas en na die hof vervoer.

Die hoof van binnelandse intelligensie bedank nadat hy glo opdrag gegee het dat daar op die Gupta-familie gespioeneer word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.