
Suid-Afrika se ambassadeur in Amerika, Ehrahim Rasool, sê hy werk daaraan om die Amerikaanse Kongres te oorreed om die kwessie van Suid-Afrikaners – wat steeds op die Amerikaanse terreurlys is – omvattend te bespreek.
Tot 1989 is die ANC deur die Pentagon en die CIA gelys as ‘n terroristeorganisasie. In 2002 is ‘n Amerikaanse visum aan Tokyo Sexwale geweier as gevolg daarvan, ‘n “fout” wat toe glo reggestel is.
In werklikheid is hy destyds ‘n visum geweier na die Verenigde State van Amerika omdat hy, saam met baie bekende Suid-Afrikaanse anti-apartheidsterroriste soos Nelson Mandela en voormalige Suid-Afrikaanse minister Sidney Mufamadi, steeds op dié land se lys van globale terreur verskyn het.
Na die inisiëring van regstappe teen die US Department of State en die persoonlike ingryping deur Condoleezza Rice, het Sexwale en die ander in 2002 tien jaar kwytskelding van die Amerikaanse Departement van Binnelandse Veiligheid ontvang.
Die VSA het het aangedui dat om Sexwale permanent van die lys te verwyder sal beteken dat die wet verander sal moet word, wat ‘n tydsame proses mag wees.
Die kwytskelding is opgehef in 2008 en al die ANC-lede wat ook Nelson Mandela insluit, is verwyder van die lys van terroriste in die VSA.
Die voormalige Minister van Behuising, Tokyo Sexwale, is egter verlede week weer op New York se JFK-lughawe in hegtenis geneem is nadat beamptes sy naam op die lys gekry het.
Sexwale was lid van Umkhonto we Sizwe wat verskeie terreuraanslae teen onskuldige burgerlikes en kinders geloods het.
Rasool sê sy ambassade het geen toegang tot die lys wat in die besit is van die Departement van Binnelandse Veiligheid nie en kan dus slegs bespiegel wie op die lys is.
Die ANC het intussen gesê Sexwale se aanhouding noodsaak ‘n onvoorwaardelike verskoning van die Amerikaanse regering.