‘DA het pas koeël deur sy eie kop gejaag’

Deel op

zille4Verlede week het die Nasionale Vergadering die wysigingswetsontwerp op die Wet op Billike Indiensneming met die steun van die regerende ANC én die Demokratiese Alliansie ingestem, skryf ‘n voormalige parlementêre navorser van die DP.

Ten einde die betekenis hiervan asook die potensiële implikasies vir die opposisie te verstaan, ​​sê James Myburgh, is dit nodig om eers terug te gaan in die geskiedenis ná 1994.

Die ANC se ware rasse-agenda wat reeds duidelik begin raak het binne enkele jare na die oorgawe, het ‘n gepaardgaande besef onder wit, en veral Afrikanerkiesers gebring dat die Nasionale Party nie werklike beskerming vir hulle beding het tydens die onderhandelinge nie.

Een briefskrywer aan Beeld het in 1997 opgemerk “dat De Klerk het nie ‘n mandaat gehad het om, soos ‘n Judasbok, sy niksvermoedende mense na die politieke slagpale te lei nie.”

Daardie jaar het De Klerk uitgetree en is vervang deur Marthinus van Schalkwyk. Aan die einde van die volgende jaar het die DP gelykop met die NNP by die stembus geëindig en in die 1999-verkiesing die amptelike opposisie geword.

Dié oorwinning was grootliks te danke aan die DP se teenkanting teen die Wet op Billike Indiensneming wat in konsepvorm bekendgestel is in Desember 1997 en aanvaar is in 1998 . Die Wet was een van ‘n aantal maatreëls deur die ANC om geleidelik maar doelbewus die persentasie blankes – op alle terreine van die samelewing en op alle vlakke – te ondergrawe.

In sy toespraak aan die parlement op 20 Augustus 1998, het Tony Leon die wetsontwerp beskryf as ‘n “skadelike stuk sosiale ingenieurswese. Vroom in voorneme, maar vernietigend in effek”.

Die wetgewing, het hy voortgegaan, “ignoreer ekonomiese realiteit” en “doen niks vir die armes, die gemarginaliseerdes, die landelike mense in wie se naam die ANC regeer nie”.

“Gebruik van hierdie wetsontwerp in sy huidige vorm as ‘n instrument van gewettigde regstellende aksie is gevaarlik. Dit is soos ‘n persoon wat ‘n vuurhoutjie aansteek om ‘n vuurwerk te inspekteer.”

Leon is beloon deur blanke kiesers in die 1999-verkiesings wat die NNP en Vryheidsfront verlaat het. Dit sou dus geen oordrywing wees om te sê dat die DA sy bestaan ​​te danke het aan die felle teenkanting teen hierdie Wet nie.

Die wet ontneem ‘n minderheid van enige betekenisvolle reg op gelyke behandeling. Dit is een van die belangrikste bydraende faktore tot die korrupsie en verval van instellings op nasionale, provinsiale en plaaslike regeringsvlak.

Gewone wit werknemers word uitgedryf ten spyte van die verlammende tekort aan vaardighede in hierdie instellings. Die oorspronklike 1998 Wet vervat sekere toegewings aan oorwegings wat nie uitsluitlik ras as maatstaf gebruik nie.

Onder die wysigingswetsontwerp is sulke oorwegings weggelaat. Myburgh sê dit is asof die DA met sy ondersteuning hiervan pas ‘n koeël deur sy eie kop gejaag het.

Indien die werkgewer versuim om te voldoen aan so ‘n versoek van die Departement van Arbeid volgens die wysigingswetsontwerp kan boetes wissel van R1 500 000 of 2% van die werkgewer se omset vir ‘n eerste oortreding.

‘n Boete van tot R2 700 000 of 10% van die werkgewer se omset vir ‘n vierde skending van dieselfde bepaling binne drie jaar sal dus toelaat dat die regering kan inmeng in die sake van elke onderneming met meer as vyftig werknemers en hulle potensieel onderwerp aan belaglike strawwe sanksies indien hulle nie by die rasbepalings hou nie.

Dit is moeilik om te begryp hoekom die DA-koukus in die parlement sy voormalige opposisie teen hierdie rassistiese en totalitêre wetgewing laat vaar het en hierdie wysigings skielik steun.

Helen Zille het in die verlede die Wet as “Verwoerdiaans” beskryf, die grofste belediging wat sy kon uitdink. Hoekom sou haar party nou skielik stem vir strenger toepassing? Deur dit te doen, verraai sy haar ondersteuners, die party se sukses, sy beginsels en inderdaad die toekoms van Suid-Afrika self .

Die wysigingswetsontwerp sal baie duidelik die deur ooplaat vir ‘n dramatiese toename in beide diskriminasie teen individue van minderheidsgroepe sowel as staatsinmenging in die privaatsektor. Gegewe dat Suid-Afrika reeds ly aan ‘n ernstige tekort aan vaardighede sal dit geweldige ekonomiese skade veroorsaak.

Voor die 2014-verkiesing sal die DA se wit, bruin en Indiër-ondersteuners hulself moet afvra waarom hulle moet voortgaan om ‘n party te steun wat gestem het in die parlement vir hul rassemarginalisering.

Dit is onwaarskynlik dat die DA baie ekstra swart kiesers sal kry. Een van die grootste bekommernisse van sulke kiesers, volgens Helen Zille, is dat die DA “apartheid sal terugbring”.

Die DA kan nie meer vertrou word om wit kiesers se belange te beskerm nie, want hulle het dit pas oorboord gegooi vir hul eie gerief. 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.