Polisie blameer media vir Bekkersdal-geweld

Deel op

fireDie Gautengse polisie blameer nou die media vir die voortslepende geweld in Bekkersdal aan die verre Wes-Rand.

Gauteng se Premier Nomvula Mokonyane se besoek aan die lokasie het gekom nadat ‘n gespanne week van gewelddadige betogings oor dienslewering waarin ‘n jong man dood is.

Die polisiewoordvoerder, Lungelo Dlamini sê in die meeste gevalle vind die geweld plaas wanneer die kameras rol.

Dlamini sê die voorval vanoggend waar jong kinders buitebande aan die brand gesteek het, het opgeklaar toe die media die toneel verlaat het en alles in nou kalm.

Meer polisielede is intussen in die gebied ontplooi nadat Gauteng se Premier Nomvula Mokonyane Bekkersdal inderhaas moes verlaat in ‘n polisie-Nyala Sondag nadat woedende inwoners haar met klippe bestook het by die kerk wat sy besoek het.

Sy en ‘n paar ander lede van die provinsie se uitvoerende komitee het Sondagoggend by die kerk in die gebied opgedaag.

Hierdie geloofsgroepe sou terugvoering aan die inwoners gee oor die ingrypings wat hulle wil sien in Bekkersdal .

Sommige dele van die gemeenskap het op ‘n plundertog gegaan klippe na die kerk gegooi en paaie versper die paaie.

Mokonyane se woordvoerder, het Thebe Mohatle . Hy het gesê die polisie het die premier het aangeraai om die gebied in ‘n Nyala te verlaat.

Regeringseiendom is gevandaliseer en leerlinge het by skole weggebly.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.