Madagaskar tel stemme in ‘vry en regverdige’ verkiesing

Deel op
Jean Louis Robinson
Jean Louis Robinson

Suider-Afrikaanse verkiesingswaarnemers, sowel as dié van die Europese Unie, het Madagaskar se eerste presidentsverkiesing, sedert ‘n staatsgreep deur die weermag vier jaar gelede, as vry en regverdig verklaar.

Afvallige troepe het Andry Rajoelina in 2009 as leier aan bewind gebring.

Die volledige uitslae van die verkiesing sal moontlik eers oor ‘n week beskikbaar wees, en albei voorlopers verwag ‘n tweede ronde verkiesing.

Die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap, wat Madagaskar ná Rajoelina se staatsgreep geskors het, sê die verkiesing weerspieël die wil van die mense van Madagaskar.

Jean Louis Robinson, wat deur die afgesette president, Marc Ravalonmanana gesteun word, is in ‘n stewige posisie met sowat 27 persent van die stemme. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.