Polisie skiet rap-kunstenaar wat hulle met ontvoerder verwar

Deel op
Khuli Chana
Khuli Chana

Die swart rapkunstenaar Khuli Chana is gewond nadat polisiebeamptes op hom geskiet het omdat hulle hom vir ‘n ontvoerder aangesien het.

Refiloe Ramogase, Chana se bestuurder, het gesê die polisie het die kunstenaar se motor geïdentifiseer as dié van ‘n vermeende ontvoerder.

Die polisiebeamptes, wat in ongemerkte voertuie gery het, het daarna op Chana se motor losgebrand.

Die voorval het Maandagoggend vroeg in Midrand plaasgevind, het eNCA berig.

Chana, wat alleen in die voertuig was, het onder meer ‘n koeëlwond aan sy hand opgedoen.

Ramogase het aan die eNCA-nuuskanaal gesê die voertuig het teen “40 km/h gery” en die polisie het “oorgenoeg tyd” gehad om die voertuig af te trek.

‘n Aanklag van poging tot moord sal later Maandag aanhangig gemaak word.

In ‘n ander voorval het twee metropolisiebeamptes ‘n man in Jeppestown doodgeskiet, het hoofsupt. Wayne Minnaar, ‘n woordvoerder, gesê.

“Die beamptes het ‘n motor tydens ‘n roetine-patrollie afgetrek toe ‘n ander man met ‘n vuurwapen verby hulle gestap het. Die beamptes het hom beveel om stil te staan, maar hy het die vuurwapen op hulle gerig. Albei beamptes het skote op hom afgevuur.”

Volgens Minnaar het die man op die toneel gesterf.

Die man is glo net tevore uit ‘n sjebien geskop omdat hy ‘n vuurwapen in sy besit gehad het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.