Gautengse premier betig oproermakers in Bekkersdal

Deel op
Nomvula Mokonyane
Nomvula Mokonyane

Gauteng se premier, Nomvula Mokonyane, het Sondag in Bekkersdal aan die Wesrand verklaar dat sy nie deur betogers geïntimideer sal word nie.

“Ek sal nooit van enigiets weghardloop nie. Ek sal nie weghardloop van ons mense terwyl hulle ‘n ’n krisis verkeer nie.” Seweduisend inwoners het opgedaag om haar te troef.

Paaie in die lokasie is Sondag met klippe en brandende boomstompe versper. Skole en eksamens is ook ontwrig. Inwoners eis onder meer dat die burgemeester van Westonaria, Nonkuliso Thunzi, die trekpas kry.

Die betogings duur nou al weke lank en 59 mense is reeds in hegtenis geneem vir poging tot moord, diefstal en openbare geweld.

Mokonyane sê sy het gehoor daar word geëis dat dié mense vrygelaat word anders sal die plundery voortduur. Hierop het sy gesê die regering “sal nie as gyselaar aangehou word nie”.

Sy het inwoners skerp gekritiseer omdat hulle Sondag kerkdienste ontwrig het, iets wat selfs nie in die apartheidsjare gebeur het nie. “Kerke was ons vestings,” het sy gesê.

Die polisie is in die gebied ontplooi. Die oproerige inwoners sê hulle sal aanhou totdat die Westonaria plaaslike munisipaliteit onder administrasie geplaas word.

Hulle het Sondag met Gautengse regeringsamptenare vergader om die swak dienslewering in die munisipaliteit te bespreek.

Die regering het onderneem om die bewerings van korrupsie in die munisipaliteit te ondersoek.

Thunzi sê die inwoners keer dat die munisipaliteit sy werk kan kom doen, soos vullisverwydering. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.