Tokyo Sexwale in die VSA aangehou weens terreurlys

Deel op
Tokyo Sexwale
Tokyo Sexwale

Tokyo Sexwale, oud-ANC-minister, is Sondag op die JFK-lughawe in New York aagehou deur Amerikaanse veiligheidsowerhede omdat sy naam op ’n lys van verbode mense verskyn weens die terreurdade wat hy gepleeg het.

Die SAUK het berig Sexwale, ’n skatryk sakeman, was op ’n sakebesoek in die VSA toe hy gearresteer en aangehou is.

Amerikaanse wetgewing het voorheen verhoed dat ANC-lede weens die terreurveldtog wat hulle ondersteun het, na die VSA kon reis. Die verbod is intussen opgehef, maar nie al die name wat destyds op die lys was, is verwyder nie.

Lesley Mkhabela, Sexwale se regsverteenwoordiger, het gesê die voormalige minister van behuising en Gautengse premier sal die saak met die Amerikaanse owerhede opneem.

​Hy sal glo ’n brief aan die Amerikaanse ambassade in Pretoria asook ’n afskrif aan dié land se departement van buitelandse sake rig om ‘n herhaling van die pasafgelope gebeure te vermy, het Mkhabela gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.