Die teenmiddel

rassisme_logodeur JH du Toit

Toevallig kyk ek vanaand die Hollywood-aksieprent World War Z. Dis tipiese breinlose Hollywood-vermaak, wat meestal op baie aksie, spesiale effekte en ‘n redelike spanningslyn vertrou om die kyker te boei. Dit gaan oor ‘n wêreldwye epidemie wat mense in zombies verander. Dis eintlik ‘n simpel ou storie, maar tog het iets daarin my aan die dink gesit. Op een punt sê die een karakter wat die viroloog is, dat die patogeen se wreedse kenmerk gewoonlik ook sy swakheid is. Nou ja kom ons los World War Z daar en gesels verder oor ons eie sake.

Ek is nie ‘n wafferse bioloog nie, maar verduur maar vir ‘n oomblik my vergelyking al is my wetenskap dalk so bietjie skeef op ‘n plek of drie.

Hier gaan ons: Wanneer ‘n organisme deur ‘n patogeen aangeval word, tree die immuunsisteem in om die organisme te beskerm. Indien die immuunsisteem onbekend met die patogeen is, sal dit aanvanklik deur die patogeen verower word en die organisme word siek.

By herhaalde aanvalle sal die immuunsisteem sy opponent begin verken. Dit sal swakhede in die mondering van die patogeen vind en teenliggaampies sal gebou word. Uiteindelik sal die teenliggaampies die patogeen aanval en as die infeksie nie te ver gevorder is nie, sal dit die infeksie uitwis. Die organisme sal dan herstel.

Net soos ‘n organisme word die Afrikaner deur ‘n patogeen aangeval. Die huidige Suid-Afrikaanse bestel en al sy marxistiese voorstanders is daardie patogeen.

Patogene vind gewoonlik ‘n swakheid in die gasheer en val dit juis daar aan. Die Afrikaner se apartheidsverlede is sy swakheid en dit word met welslae teen ons gebruik. Boonop het daar in die 20ste eeu ‘n marxistiese wêreldkultuur posgevat wat blanke identiteit verdag maak. Die Afrikaner is dus nie net binnelands nie, maar ook wêreldwyd geneutraliseer.

Enige poging van die Afrikaner om selfbeskikking te herwin, word onmiddellik beskryf as ‘n onbereidwilligheid om onder ‘n swart regering te dien. Dit word verstaan as blanke oorheersing en dus rassisme teenoor swartes. Die oomblik as daardie beskuldiging geslinger word, stigmatiseer dit ons en dan luister niemand meer nie.

Patogene soos virusse verander egter dikwels hul struktuur. Wanneer die organisme deur die veranderde virus aangeval word, herken die immuunsisteem dit nie en die teenliggampies kan dit nie neutraliseer nie. Die patogeen wat die Afrikaner aanval, is egter minder intelligent as ‘n virus. Hy verander nooit sy genetiese struktuur nie en val altyd die Afrikaner op dieselfde swakheid aan. Tog ontwikkel die Afrikaner oënskynlik nooit teenliggaampies hierteen nie. Dis asof ons net nie leer nie.

Die infeksie is suksesvol en ons het min weerstand daarteen. Al is die aanklag van rassisme ‘n leuen, ons verlede en die wêreldkultuur word gedurig effektief teen ons ingespan. Al ons klagtes oor misdaad, RA, SEB ens., slaag nie daarin om die aanslag te neutraliseer nie. Ons maak nie ‘n duik in die patogeen nie.

Ons moet egter die vraag vra waarom die Afrikaner nooit immuniteit hierteen ontwikkel en dit oorwin nie? ‘n Tweede vraag is hoe sulke immuniteit of teenliggaampies sou lyk? Oor die eerste vraag kan ‘n hele gesprek gevoer word, maar kom ons los dit vir later en spring vir nou direk na die tweede vraag toe. Evolusie word in hoë mate deur toeval gedryf. Verskillende mutasies van ‘n organisme ontwikkel oor lang periodes, maar dit is die mutasies wat toevallig die beste by hul omgewing aanpas wat oorleef en hulself verder verfyn. Dit staan as natuurlike seleksie bekend.

Afrikanerpolitiek het die afgelope maand so ‘n mutasie ervaar. Of dit toeval, intelligente ontwerp of blote frustrasie is wat dit meegebring het, is eintlik minder belangrik as dat dit wel gebeur het. Die Rooi Oktober-gebeurtenis, so klein as wat dit in getalle was, was die eerste teenliggaampies wat die patogeen suksesvol aangeval het. Om hierdie rede het die patogeen bitterlik teruggeveg, amper soos ‘n gasheer wat geïnfekteer is en het die politieke koors gestyg.

Wat was hierdie amper toevallige Afrikaner teenliggaampies wat die NSA-virus so geweldig beetgekry het? Overgezet synde, wat was die Afrikanervirus wat die NSA-organisme so koorisg gemaak het? Toevallig of nie, het Rooi Oktober die NSA in sy swakheid getref. Vir die eerste keer het die Afrikaner die NSA-virus se vorm nageboots. Eerstens het die veldtog die aanvaller se marxistiese omhulsel nage-aap deur sigself na die rooi rewolusie te vernoem. Dít het die vyand gefrustreer. Maar, ons mense het verder gegaan.

In stede daarvan om vir blote selfbeskikking te vra, oor RA, SEB, of plaasmoorde te kla, het die Afrikaner tot die kern van die saak self gekom, naamlik rassisme. Dit is gedoen deur die ras van die aanvaller uit te wys, asook dié van die slagoffer. Dit het geïmpliseer dat die aanvaller ‘n rassis is. Die Afrikaner het die vorm en inhoud wat gedurig teen hom aangewend word teen die NSA aangewend. Daar het ‘n nuwe dialoog begin waar die Afrikaner hom as die slagoffer van rassehaat posisioneer. Hiermee het ons rassisme verwerp en daarop gewys dat ons die slagoffers van gewelddadige rassisme is.

Hoewel die woord “rassisme” wel in die aanklag voorgekom het, is dit nog relatief onderspeel. Die feit dat dit nie meer eksplisiet was nie het my laat dink dat dit eerder toevallig as doelbewus was. Nietemin was dit ‘n waardevolle ontdekking en het die rigting aangedui.

Hierdie klag het die marxiste woedend gehad omdat hulle hul eie medisyne ingekry het. Onthou die beswaar van rassisme veroorsaak dat flou Oros aan koshuiswerkers ‘n groter misdaad as Willemientjie Potgieter se teregstelling is. Dus, die klag dat moorde op ons weens rassisme jeens ons gepleeg word, is vir hulle onverteerbaar. Die rassismeklag ruk die morele fondament onder hulle bestel uit, want in die NSA is rassisme ‘n erger misdaad as moord.

Omdat die getuienis (ek sal later hieroor skryf) so oorweldigend in ons guns is dat hierdie moorde wel rassisties gedrewe is, het hulle dus bitter min immunitiet daarteen . Hulle enigste verweer was om ons in ruil van rassisme aan te kla maar dit het eintlik net ons aanval se geldigheid verder bevestig en hulle swakker as ons gelaat. Noudat ons ‘n rasseminderheid is met geen politieke mag nie, wat boonop deur rassewetgewing geteiken word terwyl daaglikse haatmisdaad teen ons gepleeg word, raak dit baie moeilik om die klag, dat ons die rasseverdrukker is, lewendig te hou. Die rolle het nou omgekeer. Ons is die slagoffer en hulle die verdrukker; ons bepaal nou die debat en die marxiste is nou die reaksionêres. Noudat ons die swakheid in hul mondering gevind het, moet ons die aanval volhou, verskerp en verfyn.

Nou bepaal ons die taal wat gebruik word. Ons gebruik hulle taal teen hulle, nie omdat dit bloot strategies effektief is nie, maar ook omdat die klag van rassisme teen hulle die waarheid is. Nou moet ons op die rassisme teen ons infokus. Ons moet dit ontleed en die gesprek tot die hoogtes voer wat die wêreld verdien om te hoor. Ons moet gedurig hulle gesigte daarin druk. Dit moet met feite gestaaf word en die grusame wreedheid daarvan moet onbeskaamd en in al sy aakligheid uitgewys word. Ons moet ons bloeiende slagofferskap opeis en die moorddadige verdrukker aan die wêreld ontbloot. Terselfdertyd moet ons die enigste remedie aanbied, naamlik selfbeskikking, maar nie selfbeskikking bloot om selfbeskikkingsontwil nie, maar om ons te verlos van die lyding onder rassistiese verdrukking. Dit was die Jode ná hul volksmoord beskore en dit is ons ook. ‘n Kruipende volksmoord is reeds in volle swang.

Ons moenie meer die geveg bloot kragtans ons “etniese regte” veg nie, want dit veroorsaak net agterdog jeens ons. Dit moet die tweede plek inneem. Eerder, ons is die slagoffers van rassisme en dit is die waarheid. Daar kan geen groter rassisme wees as om die slagoffer van rassehaat van rassisme te beskuldig nie. Dis uiters immoreel om die slagoffer se verweer van hom te ontneem. Hierdie is hulle maaksel; met hierdie einste klag neutraliseer hulle ons en dan pleeg hulle boonop die mees brutale rassisme teenoor ons. Dis hulle wapen, maar dis ook hulle swakheid. Hulle het geen verweer teen hulle eie wapen nie. Hulle wreedste punt is ook hul swakste.

Nou is die geveg aan die gang. Laat ons oorverdowend die klag van “Rassisme!” aan die ganse wêreld uitbasuin.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Baie goeie argument, ek het nog nie tevore só daaraan gedink nie. Hulle hou beslis nie daarvan dat die “rassisme”-kiem teen hulle gebruik word nie!

  • De Wet

    Die ganse wêreld het almal maar hulle eie probleme.

    Gaan ‘n boodskap van “ons soek regverdigheid” nie meer aanklank vind by die beskawings wie se ondersteuning ons wil inwin nie? Die soeke na regverdigheid was nog altyd ‘n kernpilaar van westerse beskawing.

    Dink daaroor.

    De Wet

    • JH du Toit

      De Wet, dankie vir jou kommentaar. Die probleem is dat hulle juis die NSA as ‘n ‘regverdige’ bedeling beskou.
      ‘Rassisme’ is ‘n hoogs gelaaide term en is so effektief dat dit amper enige een wat daarvan beskuldig word neutraliseer. Dit is natuurlik opsigself rassisties, omdat dit altyd teenoor die witminderheid gebruik word – in ons geval.
      Waarmee hulle nie rekening gehou het nie is dat ons situasie as wit SA’ers nou tenvolle die omgekeerde van ons ewekniee in die Weste is.
      Rassisme word gewoonlik teen ‘n witmeerderheid geslinger wat ‘n donker minderheid onderdruk. Nou is ons egter die minderheid. Die witmeerderheid regeer gewoonlik die land, het ekonomiese mag ens. Tenspyte dit als beoefen hierdie meerdeheid goeie menseregte teenoor die donker minderheid. Ons ervaar die teendeel in amper elke opsig. Dus, dit raak nou ongelooflik maklik om die ‘Rassisme!’ klag terug te gooi na hulle. Hulle blyk ongelooflik sensitief hiervoor te wees.

      • Gas

        Goeie argument. Dis wat ek van Praag hou hulle dink alternatief. Ek dink die internasionale TV program waar Dan en Sunette deelgeneem het het verder olie op die vlammetjie van wat in die wonderlike demokratiese SA aangaan gegooi. Of die wereld daarop gaan reageer is ‘n ander vraag, maar dit hou ook nie skade in om aan te hou prober nie.

      • De Wet

        JH du Toit, dankie vir jou terugskrywe. In jou eerste sin sê jy presies dit wat ons moet bewys nie so is nie. Dit is juis nie regverdig nie. En die beskawingswie se ondersteuning ons soek moet dit begin verstaan en “skuldig voel” oor wat hulle aan ons gedoen het. Sodra dit gebeur, sal sentiment in ons rigting swaai. Ons hoef niks te forseer nie. Fokus net op die wreedheid van die aanslag om die stadium teen ons. En hammer dat die bestel onregverdig is – en ons soek na regverdigheid. As dit is om “rassisme” klag terug te gooi, doen so. Maar dit is vers 1. Vers 2 bly ons soeke na regverdigheid.
        Groetnis
        De Wet

      • jas stegmann

        “‘Rassisme’ is ‘n hoogs gelaaide term en is so effektief dat dit amper enige een wat daarvan beskuldig word neutraliseer.”

        En gaan so gebuk onder vaagheid van definisie dat iedereen van rassisme beskuldig kan word. Dis ‘n bordjie om die nek wat by enige spazawinkel gekoop kan word.

      • Koos Willeboer

        Net ‘n klein puntjie:

        Wit Suid-Afrikaners was nie ‘n meerderheid wat geregeer het, die ekonomiese mag in die hande gehad ens nie; Hulle was ‘n MINDERHEID wat in weerwil van buitelandse teenstand ‘n reuse sukses van hulle land gemaak het op ‘ n vasteland wat in soortgelyke of beter omstandigheid ‘n mislukking van alles gemaak het en hulle lewe lank op buitelandse hulp geteer het.

        • JH du Toit

          Hallo Koos, ek verwys eintlik na ons ewekniee in die Weste. Hulle word ook deesdae die rassisme etiket toegesnou wanneer hulle paniekerig oor Moslem immigrasie ens raak.
          Hulle het nog die opperhand weens hul getalle. Ons het egter elke ‘kwilifikasie’ om self die slagoffers van rassisme te wees.

  • Koos Willeboer

    Beslis ‘n interessante siening.

    Net ‘n voorstelletjie:

    Is dit nie moontlik nie dat Praag of iemand anders ‘n netjiese bondige lysie kan opstel van al die gebiede waarop rassisme teenoor ons gepleeg word, om maar by die arbeidsbestel te begin. Hierdie kan dan miskien in die vorm van ‘n brosjuretjie verwerk word en selfs vertaal word sodat ons dit wêreldwyd kan versprei.

    • betjie

      Miskien moet daar ook ‘n nagevorsde dokument wees wat aandui wat die blanke regering in die verlede vir die swartes gedoen het, bv. skole, hospitale, universiteite ens opgerig en onderhou. Ook wat presies die doel was met die tuislande, en die ontsettende koste daaraan verbonde.
      Daarteenoor kan dan met reg gevra word wat die huidige regering vir blankes
      gedoen het – let wel, nie AAN ons gedoen het nie. Ouer mense ken die antwoorde op hierdie vrae, maar baie van die jonger generasie het nie die vaagste idee wat alles in die verlede vir swartes gedoen is nie.

      • Johan

        Verskil geheel van jou. Moet nooit die focus op twee dinge plaas nie – dit is nou in die propaganda area – want dan verskuif die teenparty bloot die fokus deur jou goeie punte aan te val en raak die nut van die saak verlore.

        • betjie

          Ja Johan, jy is heeltemal reg – een ding op ‘n slag.

      • Koos Willeboer

        Miskien kan ek net byvoeg dat dit presies is wat die destydse Departement van Inligting op groot skaal gedoen het, m.a.w. bekend te maak wat ons alles vir die swartes gedoen het, die oogmerke met die tuislande ens. Dit lyk my amper asof daardie paadjie geloop is en ook nie juis met groot sukses nie.

        Nietemin dankie vir jou inset.

  • Johann Schutte

    Interessante perspektief. Ek het `n tyd terug begin dink dat die moord (in breedste moontlike sin) op Afrikaners, homeopaties (versus allopaties) in effek is. M.a.w. dat die Afrikaner tans `n innokulasie ondergaan wat uitendelik mag resulteer in verhoogde immuniteit teen alles wat hy in die verlede ‘verkeerd’ gedoen het. Ekj praat hier van welwillendheid, mededeelsaamheid, onderhandelbaarheid en ander nuwe testamentiese ‘goeie’ deugde.

    Ek het nie die RO protes as die eerste skoot oor die boeg herken nie.

  • OomKosie

    Hierdie is een van die beste observasies wat ek in ‘n lang tyd gelees het. Die reaksie van die hoofstroommedia en sg “Denkers” artikels was ver buite verhouding tot die grondvlaksteun wat gedemonstreer is tydens die Red October proteste. ‘n Mens moet onthou dat die oorgrote deel van wit liberale is net na buite liberaal, hulle is net gemaklik met ‘n liberale filosofie omdat hulle hulself normaalweg in ‘n posisie bevind waar die realiteite van die samewlewing hulle nie direk beinvloed nie.

    In die verband bestaan die reel van kritiese massa wat die liberalis se gedrag uiteindelik dikteer en wat tot gevolg het dat hy gedurig homself verplaas van een gemaklike posisie na ‘n ander sodat hy nooit self blootgestel word aan die gevolge van sy filosofiee nie. As voorbeeld gebruik ek graag die gedrag van vele liberale wat hulle kinders in privaatskole plaas, of hulle kinders skuif na ‘n privaat of ander skool sodra die getal swart studente die 50% kerf verbysteek en hulle begin aandring dat hul stem gehoor of dat hul kinders leierskapsposisies in die skool begin innneem. Dieselfde gevallestudie het hom oor die afgelope twee dekades by UKZN afgespeel, waar blankes dit vir alle praktiese doeleindes glad nie meer oorweeg omhule kinders daar te laat studeer nie, Stellenbosch Universiteit bv, is vol Engelstaliges wat vanaf KZN kom. Die finale oplossing van die liberalis in SA is natuurlik om uiteindelik te emigreer en vanaf oorsee Suid Afrikaners tereg te wys.

    Die realiteit is dat die gedrag van ‘n blanke liberaal uiteindelik glad nie anders is as die van ‘n verregse Afrikaner as dit kom by kwessies wat belangrik is in sy onmiddelike omgewing soos opvoeding, gesondheid en sekuriteit nie.

    Die Red October veldtog het egter hierdie ‘closet’ rassiste netjies aan die kaak gestel, nou is hulle gekonfronteer om die werklike feite te weerle, die redes waarom en hoe hulle hulle keuses uitoefen, dit het hulle in ‘n groot posisie van ongemak geplaas want skielik is hulle in dieselfde kamp as die sg. rassiste ingetrek en hulle kon hulself nie daaruit wegredeneer nie.

    • jas stegmann

      Nie sleg gestel nie.

  • Liezel

    Goed geskryf. Die liberaliste, of enige swaap wat aanhou skree dat Afrikaners of Rooi Oktober rassiste is, het hulle eie medisyne nodig.
    Dis tyd om hierdie argumente onmiddelik terug in hulle eie gesigte te gooi. As hulle dit wil uitdeel moet hulle dit kan vat ook!! Veral Kirste v.d.Westhuizen.

  • KobusKobusE

    Dan, lees ook hierdie artikel waarin hulle hulle vrees uitspreek dat hulle retoriek gebruik sal word teen hulle http://www.dailymaverick.co.za/opinionista/2013-10-07-red-october/#.UmzxYpD8Kaw
    Die probleem wat praag het is dan ook juis wat hulle beste wapen is nl. Rasistiese retoriek veral by die menings. Dis waarom hulle so maklik praag se advertensies kon sny. As ons wil vooruit gaan sal ons met hierdie praktyk moet stop. Dit sal ook help met verkryging van simpatie van die breer afrikaanse pupliek vir organisasies soos praag .

    • Gas

      Daardie rassistiese kommentaar kom juis van die saboteurs af. Met of sonder dit sal hulle Praag saboteer, moenie bekommer nie.

      • african4

        Moderasie is belangrik, veral nou.

      • Einad Snetraam.

        Gas,
        Hier was iewers n suggestie dat uitlatings soos waarna ek hier bo verwys, gedoen is met die uitdruklike rol om PRAAG doelbewus in n swak lig te stel.
        Mag wees. Ek’s meer geneig om te glo dat derglike klip-kommentaar die klasnarre aanvuur as ons sien manne soos Rooikop ( n kwansuise lektor / onderwyser ) hierdie aaptwak met op-duimpies begroet. Lsg is meer kommerwekkend as om die dorps-idioot hom in sy onkunde te verskoon en te vergewe.

    • JH du Toit

      Kobus, jy is reg die rassitiese kommentare moet end kry. Dis afskuwelik.

      • Einad Snetraam.

        Nou ja Toitjie. Gaan loer daar op forum waar die Boeremag-manne gevonnis word. Die village idiot De Juur doen Praag en u kommentaar n enorme favour.

    • Shannon

      Roodt sal nooit by wyse van sy sensor beer sy mees lojale krappe verjaag nie. Hy sal gelate toekyk hoe sy eie werf se kommentare `n swak beeld van Afrikaners die wêreld in stuur. Hy self is te besig met prosa.

    • Einad Snetraam.

      Neem kennis ( as u wil ) van my skrywe hier onder. Wat hier gesprag word en daar realiseer is om van kop te skud.

  • Afrique

    ‘n Gefokusde veldtog (soos Red October teen misdaad) is nodig om SEB wetgewing internasionaal aan die groot klok te hang.

  • manie

    Dis wat ek nog altyd se.. geforseerde integrasie is die hoogste vorm van rassisme. Jy ontneem minderhede die reg om te bestaan op grand van sy geboorte sonder enige verweer.

    Die Jode is natuurlik die toppunt.. hulle is die grootste rassiste op die aarde, tog troef die skelnaam “anti-semitisme” enige ander skelnaam wat mens toegesnou kan word.

  • Matt Heyns

    It is difficult to see what on earth could have come over the DA caucus in parliament to make it reverse its former opposition to this racialist and totalitarian legislation and support these amendments. Helen Zille has in the past described the principle that lies at the heart of the Act as “Verwoerdian” so why would her party vote for its more stringent enforcement? By doing so the DA has betrayed its supporters, its history, its principles and indeed, the future of South Africa itself.

    The Amendment Bill will, quite obviously, open the door to a dramatic escalation both in discrimination against individuals from racial minority groups as well as of state interference in the private sector. Given that South Africa already suffers from a severe skills shortage it will cause enormous damage to the cause of broader black advancement, which wholly depends on increased investment, a growing economy, rising educational standards and massive job creation.

    While the penny may not drop before the 2014 elections at some point over the next five years the DA’s white, Coloured and Indian supporters will ask themselves why they should continue to back a party that voted in parliament for their racial marginalisation.

    It is unlikely too that the DA will win over many additional black voters as a result of their new stance. One of the main concerns of such voters, according to Helen Zille, is that the DA would “bring back apartheid”. Before this year one could have just laughed this off as the product of fifteen years of relentless and unscrupulous ANC propaganda. However, if the DA of today is willing to throw its own most loyal supporters to the wolves of Verwoerdian racialism, why should black voters ever trust it to defend their legitimate interests – were it ever to become politically inconvenient to do so?

  • Matt Heyns

    Knal: Die ANC se stand punt is as volg en word deur die DA in die Parliament gesteun. Sodoende word blanke, kleurling en asiate ondersteuners vervreem in sy desperate pogings om steun onder swartes te werf. When this penny drops…..the blindfolds to wil drop before 2014.

    The main purpose of the Employment Equity Act is the elimination of unfair discrimination and the implementation of affirmative action measures to bring about equitable workplaces across all occupational levels. This is in line with the work of this government which has worked tirelessly in changing lives of ordinary South Africans for the better and for which we can proudly say: Life is much than it was before 1994.

    Unfortunately employers have refused or are unwilling to make a leap of faith with regards to transformation. Reports received from employers over the past 15 years clearly show that not much progress has been made. Whites and males, particularly White males, continue to dominate in the middle-to-upper echelons of organisations, according to the report by the Commission for Employment Equity for the 2012 reporting period.

    The new and unusual phenomenon is the number of foreigners in top management positions in 2012 which stood at a 3.1 percent, compared to zero in 2002.

    The remnants of Apartheid still persist. Although the public sector has managed to transform, many employers in the private sector are still found wanting in terms of implementing employment equity, as it is ‘business as usual’ for many employers.

    It is clear that the legislation has not induced any serious transformation in the upper echelons where real decisions are taken. It is also clear that the patterns as noted above will not lead to any different results any time soon. The current amendments for EE, therefore could not have come at a better time.

    The Freedom Charter says; “South Africa belongs to all who live in it black and white.”

  • Matt Heyns

    The Employment Equity Bill before Parliament today is a pernicious piece of social engineering: pious in intention but destructive in effect. lt makes affirmative action compulsory for all businesses employing more than fifty people and for every enterprise employing fewer than 50 people meeting certain minimum turnover thresholds. lt allows for no blanket exemptions: lt goes further than the Canadian legislation on which it is said to be based. lt ignores economic reality. lt does nothing for the poor, the marginalised, the rural masses in whose name the ANC governs – but whose real interests they betray with this Bill.

    The Bill obliges companies to make their workforce “representative”. This term is ominously ill-defined. But could, as the Bill’s explanatory memorandum implies, come to more than “reflecting the demographics of the country”. Compliance with the Bill will be bureaucratically monitored and fines for non-compliance start at R500 000.

    This Bill sets its face against the vision of President Mandela, who back in October 1991, defined affirmative action thus:

    “The primary aims of affirmative action must be to redress the imbalances created by apartheid. We are not… asking for hand-outs for anyone nor are we saying that just as a white skin was a passport to privilege in the past, so a black skin should be the basis of privilege in the future. Nor …is it our aim to do away with qualifications. What we are against is not the upholding of standards as such but the sustaining of barriers to the attainment of standards; the special measures that we envisage to overcome the legacy of past discrimination are not intended to ensure the advancement of unqualified persons. but to see to it that those who have been denied access to qualifications in the past can become qualified now. and that those who have been qualified all along but overlooked because of past discrimination, are at last qiven their due. The first point to be made is that affirmative action must be rooted in the principles of justice and equality.”

    But this Bill is doing the exact opposite of what President Mandela proposed: lt uses race as a proxy to advancement. lt is a passport to privilege. lt is not rooted in the principles of justice and equality. Mr Thabo Mbeki in a memorable speech on the passage of our Constitution used the language of inclusivity when he spoke of whites falling under his umbrella phrase – “I am an African”. What has happened to these fine words in the last two years? Have they simply disappeared like a puff of smoke from one of his ubiquitous pipes?

    ls there any other explanation for the inclusion of the designated groups advantaged by this Bill at the exclusion of all others, regardless of their circumstances, their own history and pattern of discrimination and their own life chances and expectations?

    lt is said by the proponents of this legislation that its purpose is redress for the most disadvantaged by past racial policies. But the only beneficiaries of this Bill will in fact be the already educated and upwardly mobile managerial class.

    Because this Bill is, par excellence, the triumph of the grievance lobby, the politicians of the special interests, the special pleaders and the “something for nothing” brigade. The point of this Bill is to achieve demographic representivity and therefore the extent to which you reflect the demographics of the country in your own workforce, will determine your compliance with the Bill. But it will do nothing to advance the marginalised, the poor and the dispossessed. lt is said by those who should know better, that the only opponents of this Bill are those who wish to perpetuate apartheid privilege, those who speak on behalf of a tiny minority; those who are the sultans of the status quo.

    I would like you to consider the following words of an opponent of this Bill:-

    “Transformation has become a very dangerous concept. it is being used to label almost anything that the government does not like as untransformed. lt reinstates racial classification in the name of employment equity. This new Bill, when it is introduced, will bring about an entirely new system of bureaucratic meddling in the affairs of private business.

    Most blacks have been fed a lot of nonsense about this new bill being necessary to overcome the legacy of race discrimination. But then let us have tougher laws against race discrimination rather than some huge national project to meddle and interfere in labour market decisions of private companies.

    You may say that I am a traitor to the cause of black occupational occupational advancement. Nonsense! I speak to businessmen and women every day and all of them are as anxious as they could possibly be to appoint more black staff in senior positions. Their company images depend on it today. They are prepared to poach staff from other companies and waste money on token appointments because of this anxiety. The reason why black occupational advancement is not progressing more rapidly is no longer mainly because of racism but because of the shortage of trained and skilled black recruits.

    lf the government was honest it would redouble its efforts in the field of vocational training. lt would try to remove bottlenecks. lt would facilitate new training institutions with imaginative policies. lt does not have to produce new racist laws in reverse. This is the danger of using a word like ‘transformation’ too loosely.”

    Yet, these sentiments were uttered, not by a leader of the Democratic Party, nor by some “fat cat” businessman, nor by some white revanchinist. No! These are the exact words of the National Chairman of the lnkatha Freedom Party and the Premier of KwaZulu-Natal, Dr Ben Ngubane.

    lt is stated, by the Bill’s supporters, that we are enacting the constitutional imperative to outlaw discrimination and to advance affirmative action. But this Bill sets its face against the spirit of our own Constitution. lndeed, should this Bill be approved I will be writing to the President of the Republic requesting him not to promulgate this legislation because it goes against the wording of Section 9(2) of the Constitution, which talks of any “persons or categories of persons disadvantaged by unfair discrimination”.

    I submit, as the rejected DP proposal to the portfolio committee submitted, that this is perfectly adequate for achieving redress without re-dividing South Africa’s labour market into opposing racial and other groups. Group-based thinking as proposed in the Bill formed the cornerstone of apartheid and we have a moral, if not a political, duty to bear witness against its re-introduction in the guise of getting rid of apartheid. Using this Bill in its present form as an instrument of legalised affirmative action is dangerous: lt is like a person who lights a match to inspect a firework.

    Although we oppose the affirmative action provisions as contained in the Bill, we do support the elimination of unfair discrimination an the listed grounds. In particular, we do support the underlying philosophy behind the comprehensive non­ discrimination clause which now prohibits discrimination on three additional grounds, namely family responsibility, HIV status and political opinion. By including persons with HIV, we wish to affirm the rights of such persons to be treated fairly, both in the workplace and in society in general.

    This Bill codifies the politics of envy. lt legalises the intrusiveness of a state bureaucracy to determine a range of matters which properly do not belang to any state or any government – it belongs to the market forces.

    My views an the unconstitutionality of this Bill are reinforced by the words of the Hon Mr Justice Goldstone in the case of The President of the Republic of South Africa and another vs Hugo. 1997 (6] BCLR 708 [CCJ at 728 G.

    “The prohibition of unfair discrimination in the (interim) Constitution seeks not only to avoid discrimination against people who are members of disadvantaged groups. lt seeks more than that. At the heart of the prohibition of unfair discrimination lies the recognition that the purpose of our new constitution and democratic order is the establishment of a society in which all human beings will be accorded equal dignity and respect regardless of their membership of particular groups.

    But assume my legal, political and constitutional arguments are invalid, what are the economic consequences of this Bill? We were recently enjoined in this Parliament by no less an authority than Minister of Finance Manuel that “we have to attract foreign savings …the bench marks used to assess South Africa as an investment centre are the same across all countries.”

    Yet, even before the passage of this Bill, a survey of 23 African nations by the World Economic Forum concluded “South Africa has the least flexible hiring practices and working hours of the 23 African countries surveyed”. But instead of listening to our Minister of Finance, or improving our situation in the light of the survey, we intend to go against the international economic grain by making our labour market even more calcified and our country an even less attractive investment destination than it already is.

    During the course of last week I met with two major organisations representing the unemployed, namely, the Unemployed Masses of South Africa (UMSA) and Malumalela, a social movement for the unemployed. They confirmed to me what I had long suspected, that at no point and at no stage was their opinion sought or their counsel heard on this Bill. Their members are desperate for jobs but they have no lobby and no voice other than the DP to speak on their behalf.

    So yes, this Bill will create an entire new industry for lawyers, special pleaders and a legal haven for disgruntled and unsuccessful applicants for jobs. Yes, it is quite true that many businesses will either collapse under the weight of the enforcement mechanisms, or simply won’t bother to implement the provisions at all. But it is time that sensible South Africans drew a line in the sand at this disastrous social engineering of government and the interests they represent and started standing up for real interests; the interests of the poor, the marginalized and the dispossessed whom this bill will serve poorly if at all.

    Let the Minister of Labor come to the bar of Parliament and tell us whether he is satisfied that the formal sector of South Africa is shedding nearly 100 000 jobs per year and let’s ask him to explain to the people why in the face of this reality we are enacting legislation which will only hasten and escalate the process of down-sizing, job shedding, skills-emigration and economic recession.

    • Seg

      Hou vir ‘n slag jou bek gemors.

      • Shannon

        vat hom Vroetels vat hom !!
        Hier’s jou been. Gaan lê nou stil innie hoek en lek jou knetters ou baas se honne.

        • Seg

          KLAAR MY KNETTERS GELEK MIESIES KOM DAT EK DIT WAT JY PRAAT VAN JOU MOND AF LEK.

          • Shannon

            Nee kom nou, gaan lê innie hoek. Jy’t vlooie.

          • Seg

            Sien jy het weer nie die nag ‘n been toegemaak nie. BIETS. Hoop jy was darem na elke sessie.

          • Einad Snetraam.

            Da’s hy nou. Uit spring die TIER sonder verstand. Ander gebroeders kan maar smeek, maar as ” low life ” in die gene loop, loop hy.
            LLTT.

  • Ciska

    So baie baie waar! Hierdie naald prik was die seerste wat ons hulle nog kon bykom, en dis ook deesdae die eerste woorde wat ek in my argumente gebruik; “jy is ‘n rassist net omdat ek wit en Afrikaans is” – niemand hou daarvan nie en dit werk!

  • Shannon

    Dag Johan

    Die ding wat my aandag toe nou vang is jou sin :

    “Dis asof ons net nie leer nie”

    Sien, meer nog as vertraagde reaksie tyd, dink ek, die werlike probleem van die Afrikaner lê in sy bloed … sy familie lyn. Dis nie so seer die aanvaller wat afgeweer moet word nie maar sy eie DNS (wat sy familie geskiedenis van kanker aandui) wat hy moet afskud.

    Ek verwys na die artikel van Ilana Mercer – “Why Do White Protestant Societies Wither? South Africa As A Case Study”
    http://www.vdare.com/articles/why-do-white-protestant-societies-wither-south-africa-as-a-case-study

    Die Afrikaner word vandag die heel beste aangeval juis met toerusting wat sy eie godsdiens aan sy ‘vyande’ verskaf. En kom ons wees ook maar so bietjie eerlik, dis nie asof die edel Afrikaner volk nie eintlik aangekla mag word nie. En die Afrikaner het dikwels sy godsdiens en politiek gemeng. Met noodlottige gevolge soos wat ons vandag kan sien, Nie waar nie ?

    Daar is darem ook `n ‘upside’ in jou analogie – wat ek terloops geldig vind. En dit is dat enige rampokkers wat moeder natuur stuur, al is hulle skadelik, ook vernuwing en dus verbetering tot gevolg het. In die unieke Afrikaner volk se geval blyk dit egter dat dit teen slakke pas geskied.

    Ons hou duim vas vir die pasient – waar hy met puffer innie bed lê en huig oor die gogga wat hom so siek maak.

  • HvdB

    Uitstekende analise Mnr JH Du Toit. Nou moet ons net ons eie immuniteitstelsel regkry en soos al van die ander kommentare genoem het, ons eie rassistiese kommentare speel lynreg in die hande van die wat teen ons is. Rassisme / name noemery / uitskellery van ander moet stop vir ons eie onthalwe, nie hulle sin nie.

  • manie

    Die grootste rassiste sit aan wal.

  • AntiLies

    Baie goeie opsomming. Om hul eie metode teen hulle te gebruik is natuurlik net een kant van die oplossing. Die ander kant is opvoeding. Of eerder, maak mense bewus van die oorsaak van hul misnoë: die einste mense vir wie hulle stem. Ons almal weet dit lankal: swartes se probleme lê nie waar die ANC sê dit lê nie (wittes), maar wel by die ANC self. Ons moet daadwerklik ‘n plan maak om die massas in te lig van die feit dat hulle die meesters van hul eie probleme is deur vir die ANC te stem. Die vernietiging van die rassis in Suid Afrika lê nie in die verdryfing van die Afrikaner nie, maar in die vernietiging van die ANC. Afrikaners kan dit nie alleen doen nie; ons moet die massas teen dit ANC draai.