Hou op om op ons te spioeneer!

Deel op

stopwatchingusDuisende betogers het Saterdag na die kongresgebou in Washington gemarsjeer om te betoog teen die VSA se aanlynspioenasie. Die omvang daarvan is onlangs deur Edward Snowden onthul.

NUUT!

‘n Boodskap van Snowden is voorgelees by die geleentheid.

Mense het slagspreuke vertoon soos “Stop Mass Spying”, “Thank you, Edward Snowden” en “Unplug Big Brother”.

Die betoging is gereël deur ’n koalisie bekend as Stop Watching Us, wat ’n beroep op die kongres doen om die wette wat die NSA ( National Security Agency) toelaat om elektroniese data in te samel, te verander.

Die regering van pres. Barack Obama het gesê die NSA-programme is “uiters belangrik” vir die beskerming van die land se nasionale veiligheid teen “terroriste”.

Snowden het onthul dat die Amerikaners owerhede inwoners se internetbedrywighede en foonoproepe op groot skaal monitor.

Saterdag was ook die 12de herdenking van die Patriot Act, wat kort ná die 9/11-terreuraanvalle aanvaar is en wat die staat omvattende magte gee.

Snowden, ’n voormalige NSA-kontrakteur, het asiel in Rusland ontvang.

Hy het pas onthul dat die VSA 35 wêreldleiers afluister, waaronder ook die foon van Angela Merkel, kanselier van Duitsland. – Reuters

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.