Renosterstropery neem kritieke afmetings aan

Deel op

renoster2Die Noord-Kaap blyk ‘n veilige toevlugsoord vir renosters te wees.

NUUT!

Die omgewingskenner, Werner Boeing van Bloemfontein Natuurbewaring sê geen renosters is die afgelope jaar in die Noord-Kaap gestroop nie.

Hy waarsku egter dat boere op hul hoede moet wees. Daar is meer as 20 boere wat met renosters in die provinsie boer.

Die oënskynlike veiligheid van renosters word toegeskryf aan die grootte van die provinsie en die feit dat die bevolking wyd versprei is.

Die renosterboer, Wian van der Linde sê ook mense ken mekaar in die gemeenskappe en dus word vreemde elemente vinnig uitgeken.

Syfers wat gister bekendgemaak is toon dat meer as honderd renosters die afgelope vier weke in Suid-Afrika vir hul horings doodgemaak is.

Die ministerie van omgewingsbewaring sê die situasie neem kritieke afmetings aan omdat meer renosters doodgemaak word as wat gebore word. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.