‘Alle tale behalwe Engels moet uitgefaseer word’

Deel op
Patrick Fitzgerald
Patrick Fitzgerald

Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad se uitvoerende hoof, Daniel Thokoane wil hê dat leerders tot op tersiêre vlak in hul moedertaal onderrig word.

Hy het tydens ‘n seminaar vir die bevordering van inheemse tale by die Universiteit van Venda gepraat. Hy het die Universiteit van Zoeloeland geloof omdat Zoeloe ‘n verpligtende vak vir alle eerstejaar-studente is.

Thokoane meen alle ander universiteite moet dié voorbeeld navolg.

Die voormalige administrateur van die Universiteit van Limpopo, Patrick Fitzgerald het in teenstelling hiermee gesê alle Afrika-tale by die universiteit moet uitgefaseer word omdat dit nie bemarkbaar is nie.

Fitzgerald was vir ‘n tydperk van aanhouding onder die voormalige regering, en in ballingskap as ‘n ondergrondse lid van die ANC. Hy beklee tans ‘n hoë posisie by die Universiteit van die Witwatersrand as vise-kanselier.

Hy het binne die ANC-strukture in Botswana, Zambië en elders die stryd teen Afrikaners gevoer. Gedurende hierdie tyd het die ANC hom na Liverpool Universiteit gestuur om sy meestersgraad te doen in Openbare Administrasie en Bestuur.

Fitzgerald is ‘n geswore Afrikanerhater en ‘n vertroueling van die Brits-gesinde Pallo Jordan asook Tokyo Sexwale. Hy spits homself toe op skakeling tussen die ANC en groot sakeondernemings.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.