Brasilië en Duitsland snoer kragte saam teen Amerikaanse spioenasie

Deel op

UN-GENERAL ASSEMBLY-SYRIA-SECURITY COUNCILBrasilië en Duitsland het Donderdag kragte saamgesnoer om ‘n VN-Resolusie wat die reg van privaatheid op die Internet beskerm, deur te voer.

Dié twee lande het die voortou geneem in die eerste groot internasionale poging om die Amerikaanse National Security Agency se indringers in toom te hou, volgens diplomatieke bronne.

Die poging volg op ‘n Duitse eis dat die VSA dadelik hul spioenasie op kanselier Angela Merkel en dosyne ander wêreldleiers staak. Dit kom ook oor ‘n maand nadat Brasilië se Dilma Rousseff NSA-spioenasie teen haar land as ‘n “skending van internasionale reg” in die Algemene Vergadering aan die kaak gestel het.

Sy het voorgestel dat die VN wetlike riglyne vestig om te verhoed dat “die kuberruimte gebruik word as ‘n oorlogswapen”.

Brasiliaanse en Duitse diplomate het in New York ontmoet met ‘n klein groepie van Latyns-Amerika en Europese regerings om ‘n konsepresolusie wat vra vir die uitbreiding van die privaatheid soos vervat in die Internasionale Verdrag van Burgerlike en Politieke Regte op die aanlyn-wêreld te oorweeg.

Die konsep verwys nie na ‘n vlaag van onthullings oor Amerikaanse spioenasie wat ‘n politieke opskudding oor die hele wêreld, veral in Brasilië en Duitsland, veroorsaak het nie, maar dit was duidelik dat die politieke momentum teen die VSA poog om die Verenigde Nasies ook te aktiveer.

“Dit is ‘n voorbeeld van die heel ergste aspekte van die Snowden onthullings”, het ‘n voormalige verdedigingsamptenaar met lang ervaring in NAVO gesê.

“Dit sal baie moeilik wees vir die VSA om hulleself hieruit te grawe.” Die koste aan geloofwaardigheid en vertroue is enorm vir Amerika wat graag geweld op ‘n morele platform voer.

Hoewel die VN se vermoë om die NSA in enige iets te dwing nul is, is die toenemende internasionale oproer oor Amerikaanse spioenasie ‘n groot kopseer omdat Europese bondgenote dalk nie meer intelligensie sal wil deel nie, sê ‘n militêre strateeg met beleidservaring van Europese aangeleenthede.

Bronne beweer Duitsland werk met ‘n plan. Die Internasionale Verdrag oor Burgerlike en Politieke Regte is in 1966 oonderteken en in werking gestel in 1976, dekades voor die internet maar ‘n bepaling in Artikel 17, sê: “Niemand sal onderworpe wees aan arbitrêre of onregmatige inmenging van sy privaatheid, familie, woning of korrespondensie nie, of aan onwettige aanvalle op sy eer en reputasie nie. Dit sê ook dat “elkeen het die reg tot beskerming onder die wet teen sulke inmenging of aanvalle.

Die Guardian in Brittanje het nalv ‘n geklassifiseerde dokument wat Edward Snowden gelek het, berig dat telefoonoproepe van 35 wêreldleiers gemonitor word deur die VSA se National Security Agency (NSA).

Die name van die 35 leiers is nie in die dokument bekendgemaak nie.

Die Guardian-berig volg ‘n dag ná bewerings dat die NSA die selfoon van Angela Merkel, Duitse bondskanselier, glo jare lank reeds afluister.

Thomas de Maizière, minister van verdediging, het gesê die verhouding tussen die twee lande is onafwendbaar verander.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.