Media gewaarsku om nie polisie se buitery te rapporteer nie

Deel op
Regstellende inkopies
Regstellende inkopies

Kenia se polisiehoof het gedreig om joernaliste in hegtenis te neem ná berigte oor grootskaalse buitery deur veiligheidsmagte tydens die terreuraanval op die Westgate-winkelsentrum verlede maand in Nairobi verskyn het.

Genl. David Kimaiyo het Donderdag aan joernaliste gesê dit is “baie duidelik dat daar ’n beperking is” op mediavryheid.

“Ons kyk na individue binne die wet wat op die een of ander manier misdade gepleeg het… Hulle sal binnekort in hegtenis word en voor die hof verskyn, waar hulle die gevolge sal moet dra,” het Kimaiyo gesê.

“Julle het nie nodig om Keniane aan te hits nie, julle het nie nodig om verklarings uit te reik wat neerkom op haatspraak nie,” het hy bygevoeg.

Kringtelevisie-beeldmateriaal wys hoe lede van die veiligheidsmagte met plastieksakke uit ’n supermark in die Westgate-winkelsentrum stap kort nadat die vermeende Al Sjabaab-rebelle op omstanders begin skiet het.

Sommige winkeleienaars sê hul winkels is heeltemal geplunder.

Kenia se weermaghoof, Julius Karangi, hou egter vol dat soldate nie geplunder het nie, maar slegs koeldrank in die supermark gevat het om “hul dors te les”.

In ’n poging om te verduidelik hoekom ander items gevat is, het Karangi dit “sanitasie om hul veiligheid te verseker” genoem.

Verskeie eienaars het aan AFP gesê dat hulle die winkels gesluit het voordat hulle gevlug het.

Met hul terugkeer was die winkels egter heeltemal geplunder en waardevolle items soos juwele, selfone en elektriese ware was vermis. – Sapa/AFP

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.