Verkragtingsyfers van minderjariges skokkend

Deel op

rape8Sowat 106 meisies jonger as 12 is binne drie maande in Pietermaritzburg en omgewing verkrag, het News24/Natal Witness berig

‘n Nuwe verslag toon ook dat 821 meisies jonger as 18 tussen Julie en September vanjaar geboorte gegee het. In dieselfde tydperk is 504 aborsies, meestal op tieners, uitgevoer. Daar is in die tyd 325 verkragtings in die streek alleen aangemeld waarvan 106 gevalle meisies onder 12 was.

Volgens ‘n gesondheidsbeampte is méér meisies tussen die ouderdomme van 15 en 21 MIV-positief as seuns.

Dié syfers het aan die lig gekom tydens ‘n veldtog teen “vroetelpappies” wat in Pietermaritzburg gehou is.

Die veldtog is deur die uMgungundlovu en Msunduzi munisipaliteite se gesondheidsafdelings van stapel gestuur  en beklemtoon die negatiewe gevolge van jong meisies wat deur ouer mans met geld oortuig word om verhoudings met hulle te hê. Die munisipaliteite sluit in Pietermaritzburg, Howick, Mpendle, en Richmond.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.