‘n Man is dood toe ‘n ligte vliegtuig Donderdagmiddag naby die La Pineta-restaurant buite Stellenbosch neergestort het.
Die vliegtuig het in ‘n aarbeiveld neergestort.
Sover wil dit voorkom asof slegs die vlieënier aan boord was.
Die rede vir die ongeluk word deur die relevante owerhede ondersoek. – ER24