Kaapstad gasheer vir Nobel-beraad

Deel op
Nie vir vrede nie
Nie vir vrede nie

Kaapstad is gekies as die gasheerstad vir die 14de Wêreldberaad van Nobel vredespryswenners wat volgende jaar plaasvind. Die aankondiging is in Warskou, Pole gemaak waar die 13de beraad tans plaasvind.

Volgens ‘n verklaring deur die Stad Kaapstad, is dit ‘n eer vir alle Suid-Afrikaners om dit aan te bied en sal daar seker gemaak word dat dit net so vlot soos vanjaar se beraad verloop.

Voorbereidings het glo alreeds begin vir dié groot beraad oor presies 350 dae.

Vier Suid-Afrikaners het al die Nobelprys vir vrede gewen: Albert Luthuli, die voormalige leier van die ANC (1960) , Aartsbiskop Desmond Tutu (1984) , asook voormalige Presidente FW de Klerk en Nelson Mandela, saam in 1993.

Die toekenning was al dikwels in omstredenheid gehul. Sedert Mandela en De Klerk hulle gedeelde prys ontvang het, het geweld en misdaad in Suid-Afrika dramaties toegeneem.

President Obama, die Nobelpryswenner vir Vrede in 2009 het gesorg dat hy Afghanistan, Libië, Egipte, Jemen en nou Sirië met geweld teister.

Obama se verdienstelikheid as ontvanger is veral vertroebel deur ‘n voorgestelde militêre aanval op die Siriese regering waarvoor nòg sy bondgenote, nòg sy landgenote enige aptyt gehad het.

Dit wil tewens lyk dit of sekere presidente nie naastenby genoeg aandag aan die geskiedenis van die soort wêreldleiers wat gewen het, skenk nie.

Hierdie internasionale eer is voorheen aan groot geeste soos Henry Dunant, die stigter van die Internasionale Rooikruis, Amerikaanse sosiale hervormer Jane Addams, en George Marshall, die argitek van ‘n vreedsame post-1945 Europa, toegeken.

Van die aanvallers van 9/11, al-Kaida, het Obama gesê dat die groep in werklikheid vreedsame naastebestaan in Sirië nastreef. Daarmee het die glans van die prys finaal verdof.

Die 1953 Nobelprys vir Letterkunde aan die destydse Britse premier Winston Churchill vir sy memoirs, het Churchill genoop om na bewering op te merk: “Ek hoop dit is nie vir vrede nie!

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.