Plaasaanvalle neem toe sê ISS en TLU

Deel op

vfplusDie verwarring rondom plaasaanvalle en –moorde word deur die staat self veroorsaak aangesien daar sedert 2007 nie statistiek hieroor gehou word nie, het die Vryheidsfront Plus se hoofwoordvoerder oor polisie gesê.

Hierdie verwarring lei tot kritiek dat mense wat daaroor praat, vrees en rasseverdeeldheid aanblaas.

“Hierdie kritiek moet voor die staat se deur gelê word en nie voor die deur van mense wat met reg bekommerd is oor die aanvalle en almal wat daardeur geraak word nie.”

Syfers van die SA Instituut vir Sekerheidstudies (ISS) en Transvaalse Landbou-Unie (TLU) wat vandag gepubliseer is, dui daarop dat plaasaanvalle toegeneem het en dat daar meer voorvalle landwyd was as in 2012.

Daar word ook gereeld berig oor die buitengewone wreedheid en sadisme wat met die aanvalle gepaard gaan.

Volgens die ISS word 120 uit elke 100 000 boere vermoor, teenoor die sowat 31 uit 100 000 gewone landsburgers en 54 uit 100 000 polisielede. In die laaste tien jaar is meer as 800 mense op plase vermoor, luidens mediaberigte.

Indien iemand van die syfers verskil, moet daar druk op die regering geplaas word om die ware omvang daarvan bekend te maak, aangesien die regering die hulpbronne en middele het om dié navorsing van stapel te stuur.

“Die VF Plus is lank reeds besig om by die regering daarop aan te dring om landelike misdaad tot prioriteitsmisdaad te laat verklaar. Tot dit nie gebeur nie, sal onsekerheid en raaiwerk daaroor voortduur en moet die regering die blaam daarvoor dra.

“Niemand kan betwis dat ons landbou-gemeenskap swaar deur misdaad geraak word nie. Die VF Plus sal nie daaroor swyg nie.”

Volgens die party het verskeie organisasies hul eie statistiek wat hulle oor plaasaanvalle byhou, maar dit word hoofsaaklik verkry van mediaberigte.

Hy sê dit is ‘n onakkurate manier om statistiek te versamel aangesien die media nie oor elke misdaad in Suid-Afrika berig nie en hulle inligting vanaf die polisie nie altyd aantoon dat die voorval op ‘n plaas plaasgevind het nie.

Die SA Instituut vir Rasseverhoudinge het al by monde van dr. Frans Cronjé gesê dat daar tot sewe plaasaanvalle plaasvind vir elkeen waaroor berig word en dat wit boere tot dertien keer meer blootgestel is aan aanvalle as stads- of kleinhoewebewoners.

“Ons by die VF Plus is bekommerd oor alle misdaad, maar veral oor landelike misdaad en onverantwoordelike uitsprake oor grondhervorming wat daarmee gepaard gaan.

“Ons kan nie genoeg klem daarop lê dat druk vanuit alle oorde op die regering geplaas moet word om die situasie as hoogste prioriteit te beskou en dienooreenkomstig op te tree nie,” lui die verklaring.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.