Slegs in die tweede stel het dit vir 'n oomblik gelyk asof Federer kon herstel toe hy byna op Nadal se afslaan deurgebreek het met die telling 3 elk, maar die Spanjaard het hom nie van stryk laat bring nie en verder 'n meesterlike vertoning gelewer.
Na Bjorn Borg wat van 1978-1981 vier keer die Roland Garros-beker gewen het, is Rafael Nadal slegs die tweede speler in die geskiedenis wat dit kon regkry.