Moord op Bekkersdal-inwoner nie gekoppel aan oproer sê polisie

Deel op

burningtyresDie moord van ‘n 20-jarige swart man in Bekkersdal, wes van Johannesburg, is nie gekoppel aan gewelddadige betogings in die gebied nie, het die polisie Donderdag gesê.

Woordvoerder konst Elsie Tshonte het gesê: ” Die voorval kan nie gekoppel word aan die protes nie want twee mans was buite hul krot Woensdagnag toe ‘n voertuig met vier insittendes hulle genader het.”

Volgens ‘n ooggetuie , het die motor met die vier insittendes aangekom om 23:00 .

Twee passasiers het uitgeklim en die twee mans wat buite die hut gesit het beledig, waarna vier skote afgevuur is wat een van die mans noodlottig gewond het.

Die aanvallers het terug in die motor gespring en weggejaag .

Die man wat geskiet is, is op die toneel dood.

Die vermoorde man, Themba Khumalo en sy vriend het na bewering gebots met die ondersteuners van ‘n plaaslike raadslid wat inwoners afgedank wil hê.

Die area is getref deur oproer oor dienslewering oor die afgelope week. Inwoners eis dat die Westonaria munisipaliteit ontbind en onder administrasie geplaas word.

Woensdag is ‘n buitelandse winkel eienaar in hegtenis geneem nadat hy na bewering op ‘n ander man geskiet het. Hy staan ​​tereg op ‘n aanklag van poging tot moord .

Verlede week is 35 mense in hegtenis geneem en aangekla van openbare geweld nadat ‘n petrolbom en klippe gegooi is na die polisiestasie .

Drie polisievoertuie en ‘n rampbestuurvoertuig is beskadig in die aanval.

Die onrus het Donderdag na die naburige township, Simunye oorgespoel.

Gemeenskapslede sê dit sal ‘n sterk boodskap stuur aan die regering om spoedig op te tree en skole sal ook geteiken word.

Vanoggend moes ‘n polisiebeampte vir sy lewe vlug nadat ‘n groep woedende inwoners hom wou aanval. Hulle glo dat die polisie verantwoordelik is vir die dood van die 20-jarige man.

Vroeër is bespiegel dat die onrus na omliggende gebiede soos Simunye en Thusanang kan uitbrei, maar die polisie het die intussen die orde herstel. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.