Stop die rassis!

red_october_projdeur JH du Toit

Die afgelope Rooi Oktober-veldtog het op die oog af klein voorgekom (sowat 500 ondersteuners by die Pretoriase optog), maar dit moet nie onderskat word nie. Hoewel die opkoms sekerlik baie beter sou wees indien dit op ‘n naweek eerder as op ‘n werksdag gehou was, het dit nietemin ‘n veel groter impak gehad. Die gunstige gesprekke wat op Facebook en Twitter ontluik het, asook op vele webwerwe het getoon dat Afrikaners dit in veel groter getalle ondersteun as wat dit bygewoon het. Die goeie ontvangs voorspel goed vir ‘n opvolggebeurtenis, bv op 16 Desember (hoewel 15 Desember, ‘n Sondag ‘n veel beter keuse sou wees).

Selfs interessanter as Afrikaners se ontvangs van die gebeurtenis is die senuagtige, selfs histrioniese ontvangs van die gebeurtenis deur die marxisties georiënteerde hoofstroommedia en sommige van hul marxisties-rassistiese rubriekskrywers. Dit mag vreemd voorkom om die woord rassisme te verbind aan die sg. ’egalitêre’ marxisme, maar in werklikheid is dit ‘n onvermydelike simbiose. In ‘n Afrikaland sal marxisme altyd wentel na anti-withaat. So het International Genocide Watch vir Julius Malema as ‘n radikale marxistiese-rassis bestempel.

Hoewel marxiste dit sal ontken, is die verhouding tussen hul ideologie en rassisme niks nuuts nie. Nie alleen is dit in amper elke Westerse kolonie wat in Afrika deur marxisties geinspireerde bevrydingsbewegings oorgeneem is gedemonstreer nie, maar selfs in die heimat van kommunisme naamlik die Sowjetunie, was rassisme lewendig. Gruweldade is bv teen die Joodse minderheid gepleeg. Die dominante Russe het die hele USSR oorheers en die vele etniese minderhede moes maar altyd by hulle inval. Die Russe het die USSR en sy minderhede gehanteer soos die swartes vandag Suid-Afrika met hierdie land se minderhede hanteer. Hierdie parallelle sal geen linkse ooit erken nie, want of daar nou SEB, RA, en watter ander anti-wit wet toegepas word, “ons is almal gelyk voor die reg”.

Rassisme is die vlieg in die linkse salf en hulle sal alles doen om dit te versteek, te ontken of daaroor te lieg. Die rassistiese vlieg in die linkse SA salf het egter ‘n brommer geraak. ‘n Groot vet brommer blyk op die linkse salf te teer terwyl dit net groter en meer brutaal word. Hoe groter hierdie lelike insek raak, hoe meer moet daar gelieg en oëverblindery toegepas word om dit te versteek.

Twee gebeurtenisse het die linkse kulkunstenaars egter onverhoeds betrap. Eerstens het geen “regdenkende” linkse kon voorsien dat Julius Malema ooit werklik sy EFF tot ‘n politieke party sou omskakel nie. Hoe nou gemaak? Nie alleen is Malema ‘n uitgesproke rassis en propagandis vir volksmoord op wittes nie, maar 15 000 swartes daag toe vir sy partyloodsing op. Hierdie 15 000 verteenwoordig sekerlik nie eens die top van die ysberg nie, maar wat dit wel wys, is dat sommer baie swartes van Malema en sy rassistiese idees hou.

Die geval Malema pas boonop binne die ergste vooruitsige van die mees ‘geharde stoere ”rassisitese” Afrikaner-ideoloë en moet dus vir die linkses ‘n geweldige dilemma verteenwoordig. Dit bevestig dat die ‘regses’ nog altyd reg was. Die linkse koerante steier nou nog met ontledings van hierdie gebeurtenis soos die een rubriekskrywer na die ander probeer om dit te onderspeel as ‘n beweging wat nie juis ‘n toekoms het nie. Die gemiddelde skatting is dat die EFF so 1% tot 2% van die stemme in 2014 sal trek. Ek dink daar wag ‘n verassing vir hierdie linkses. Ongeag Malema se radikalisme, is hy niks meer rassities as die gemiddelde linkse nie. Dis net sy middele wat verskil. Malema sê wat die ander dink. Alle linkses is rassiste, want haat vir die ras wat besit, is die onafwendbare gevolg van marxisme. In die Suid-Afrikaanse geval dui hierdie rassisme natuurlik op die mislukking van die Reënboognasie.

Dit bring ons by die marxistiese-rassiste se tweede dilemma, nl. Rooi Oktober. Natuurlik weet hulle al jare lank dat Afrikaners deur swartes uitgemoor word, maar dit word gerieflikheidshalwe, of dalk om rassistiese onthalwe, as blote misdaad afgemaak. Persoonlik dink ek dat hulle bevrediging daaruit put – hulle is immers rassiste. Dat wittes nie swartes vermoor nie, gaan hulle egter verby. “Nee, dis rassisties om oor die aanvaller se ras te praat.” Tog, vir die linkses, is dit behaaglik om ‘n rasseherrie te maak wanneer wit studente flou Oros vir koshuiswerkers aanbied en dit verfilm. Laasgenoemde word as ‘n rassistiese insident getipeer en tot ‘n nasionale, selfs internasionale krisis verhef. Desnieteenstaande mag ras nie genoem word wanneer Willemientjie Potgieter deur swart moordenaars aan haar hare opgetel en tereggestel word nie. Die ontkenning van die rol van ras in moorde in ‘n omgewing waar wetgewing, poltieke uitsprake en propaganda die slagofferras voortdurend verontmenslik en dus as teiken legitimeer, dít is ware rassisme. Dis selfs erger, dis volksmoordontkenning.

Rooi Oktober het egter ‘n krisis vir die marx(istiese)-rassiste veroorsaak. Toevallig, in ‘n tyd wat die EFF se loodsing die mislukking van die reënboognasie beklemtoon, ontwikkel die verdrukte minderheid die moed om hul slagofferskap toe te eien. Dit was egter nie as blote slagoffers van misdaad nie – nee nie ‘n blote antimisdaadveldtog nie. In die gloeiende lig van die televisie maak hulle beswaar teen hul witslagofferskap aan die hand van hul swart geweldenaars. Hoe durf hulle! Hierdie is ‘n waarheid wat nié gespreek mag word nie, want nie alleen vestig dit die aandag op die rassisties-gewelddadige aard en dus mislukking van die reënboognasie nie, maar selfs erger: Ander wittes se oë mag oopgaan en ook begin protesteer. Twee uiteenlopende gebeurtenisse wat die mislukking van die linkse droom aksentueer, is te veel vir ons marx-rassiste. ‘n barrage van anti-Rooi Oktober en anti-wit propaganda volg.

Die geweldige intensiteit van die aanval op Rooi Oktober bewys twee dinge, naamlik die sukses daarvan, asook die besef onder die marx-rassiste dat hul orde besig is om te verkrummel. Die boodskap hieruit is ‘n versterkende een. Die beweging wat met Rooi Oktober begin het, moet momentum behou. Smee die yster terwyl dit warm is. Nou is die tyd om ‘n opvolgprotes te reël, nou terwyl amper elke Afrikaner daardeur meegevoer is. My persoonlike advies aan die organiseerders is: maak dit maklik vir mense om by te woon; moet dit nie op ‘n werksdag hou nie. Soos Pallo Jordan gese het: “Voordat julle nie in jul duisende in die strate afmarsjeer nie, sal ons nie na julle luister nie.”

Wees verseker in die marx-rassis het ons te make met die mees uitgeslape vyand. Hy het daarin geslaag om ‘n hele wêreldkultuur te bou na  die beeld van sy leuen. In die twintigste eeu het hy die universiteite, mediahuise, filmwese, kuns en vele meer regoor die Westerse wêreld geïnfiltreer en besmet met sy haat vir die blanke ras. Hy het ons sukseskvol gedemoniseer. In Suid-Afrika het die marx-rassis die eerste volwaaridge marxistiese-rasse-orde opgerig. Alle vorige marxistiese eksperimente het marxisme as die hoofdoel gehad met rassisme as ‘n onbedoelde newe-effek. In Suid-Afrika is rassisme verhef tot die hoofdoel met marxistiese idees as die voertuig daartoe.

Die mislukking van hierdie bestel lê toenemend die rassisme bloot en maak dit al makliker om te teiken. Ons moet die felheid van ons aanslag daarteen dramaties verskerp. Dis maklik, want ons moet bloot die wreedheid daarvan blootlê. Dit is die geldige rede waarom ons onsself wil bestuur. Ons móét, anders sal die rassis ons uitmoor.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.