VSA ontken Merkel word afgeluister

Deel op

German Chancellor Merkel holds a BlackBerry Z10 smartphone featuring high security Secusite software at the booth of Secusmart during her opening tour at the CeBit computer fair in HanoverDie Duitse regering het inligting bekom dat die kanselier, Angela Merkel, se selfoon deur Amerikaanse spioenasie-agentskappe gemonitor kan word.

Merkel het volgens haar woordvoerder met die Amerikaanse president, Barack Obama, in verbinding getree om die bewerings te toets.

Sy het in ‘n sterk bewoorde verklaring gesê dat dié optrede totaal onaanvaarbaar is en indien die bewerings waar is, sal betrekkinge tussen die twee lande ernstige skade ly.

‘n Woordvoerder van die Wit Huis, Jay Carney, het gesê Obama het Merkel die versekering gegee dat haar kommunikasie nie gemonitor word nie en dat dit nie gemonitor sal word nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.