Twee wat apteker in PE aanhou verskyn

Deel op

toygunTwee mans wat in hegtenis geneem is omdat hulle na bewering ‘n apteker en sy twee assistente in Seaview buite Port Elizabeth as gyselaars aangehou het, verskyn vandag in die hof.

Die polisie is nog besig om die aanklagte teen die pa en seun te formuleer. Die 53-jarige pa en sy 19-jarige seun het reeds mediese en sielkundige toetse ondergaan en word in die selle by die Kabegapark-polisiestasie aangehou.

Die twee het geëis dat die apteker dodelike inspuitings aan hulle toedien en gedreig om almal met plofstof en ‘n vuurwapen te vermoor.

Dit het later aan die lig gekom dat die twee slegs ‘n speelgoedgeweer en ‘n brandbom by hulle gehad het.

Die beleg van sewe uur is beëindig toe die polisie ‘n skokgranaat gebruik en die twee in hegtenis geneem het. Die twee mans het in ‘n tent op die strand gebly. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.