Ondersteun praag asb. dringend

sluitaan300Geagte leser,

Soos u waarskynlik gesien het, word daar geen meer Google-netwerkadvertensies op hierdie blad vertoon nie, weens kwaadwillige klagtes wat deur fanatici teen ons by Google aanhangig gemaak is. Van die Suid-Afrikaanse adverteerders, wat groot maatskappye insluit, is geïntimideer en vertel dat hulle advertensies op ‘n “ongewenste” webblad verskyn.

Tans is ons besig om die saak met Google op te neem, asook regsaksies teen die klaers te loods. Omdat vele van hulle dit anoniem gedoen het en ook ‘n anonieme blad op Facebook bedryf, maak dit ons taak soveel moeiliker.

Die verlies aan inkomste verteenwoordig vir ons ‘n sware slag wat selfs die voortbestaan van dié webblad en van PRAAG in die gedrang bring. Maar die optrede van kwaadwillige Afrikanerhaters wat ons stem wil uitdoof, is des te meer kommerwekkend omdat dié metodes om webblaaie en internetjoernaliste te beswadder gebruik kan word om alle kritiek jeens die huidige bewind in Suid-Afrika stil te maak. Nie net adverteerders nie, maar ook diensverskaffers kan geteiken word en sodoende sal niemand meer bereid wees om innoverende webblaaie met inligting en menings buite die hoofstroom op hul bedieners te huisves nie.

Daarom doen ons ‘n beroep op u, ons lojale lesers en ondersteuners, om dringend ‘n debietorder of PayPal-subskripsie (indien u oorsee woon) uit te neem. Dit sal ons onafhanklik van adverteerders maak en ons sal ook sorg dat ons ons bediener buite Suid-Afrika in ‘n jurisdiksie aanhou waar ons nie sonder ‘n hofbevel in daardie land stilgemaak kan word nie.

Onthou dat die huidige bestel deur middel van terreur, halssnoermoorde, propaganda en leuens tot stand gekom het. Omdat ons waag om die waarheid en kritiek op geweld en korrupsie te publiseer, word ons nou deur ekstreemlinkses en fanatici geteiken. Hulle speel ook die rassekaart teen ons, omdat dit al “argument” is waaroor hulle beskik.

Gewoonlik vra ons mense om R60 per maand by te dra, wat veel goedkoper is as die R99 wat ander Afrikaanse webwerwe vereis. Maar as die ekonomie knyp, kan u selfs R30 bydra.

Help ons om op die lug te bly!

U kan ook ‘n splinternuwe skootrekenaar wen! Die eerste 100 persone wat van vandag af ‘n debietorder uitneem, kwalifiseer vir ‘n trekking vir ‘n skootrekenaar ter waarde van R4000.

Vul asb. die vormpie hier in:

praag-debietorder

Dan Roodt

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.