Gemeenskap woedend oor jongste plaasaanval

Deel op

plaasmoorde3Die hof op Barkly-Oos moes hoor dat die vermeende moordenaar talle vorige veroordelings en sake wat steeds hangend teen hom is, het. Lede die gemeenskap het Dinsdag voor die vervalle hofgebou gedreungsing in woede oor die jongste plaasmoorde.

Die gemeenskap het voor die hof rooi ballonne vasgehou. Die De Villiers-egpaar word vandag om 14:00 uit die NG kerk begrawe.

“Wys die f****r se gesig vir ons!” het omstanders gegil toe die 22-jarige beweerde moordenaar uit die landdroshof gekom het en na die polisievangwa begelei is.

“Jy’s ’n satan! Jy sal vrot in die tronk,” het Maggie Thethekwa, gemeenskapsleier op die dorp, vir Thulani Khetane, die vermeende moordenaar van David (87) en Ralie (86) de Villiers, geskree.

“Voertsek hond!” het weerklink. Khetane is selfs deur landdros P. Ngindo afgejak toe hy sy regterhand opgesteek het om iets te sê.

Die aanklaer, Zipho Sobekwa, het gesê die staat sal borgtog teenstaan wanneer Khetane volgende Dinsdag om borgtog sal aansoek doen.

“Hy is ’n bekende gesig op die dorp. Hy was totdat hy 16 jaar oud was, in ’n plaaslike kinderhuis,” het Thethekwa gesê.

Khetane staan tereg op twee aanklagte van moord, een van poging tot moord en huisbraak met die doel om te vermoor.

Die vermoorde egpaar se seun, Dawie (53), is ernstig in die aanval beseer. Hy het ook verskeie meswonde opgedoen.

Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Mediclinic Bloemfontein waar hy behandel word, sê Dawie is steeds in ’n stabiele toestand in die intensiewesorg-eenheid. Hy is steeds aan ’n ventilator gekoppel en onder swaar verdowing, het Beeld berig.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.