Burry Stander-saak wéér uitgestel

Deel op

burry2Die saak van die taxibestuurder wat daarvan beskuldig word dat hy die internasionale bergfietskampioen Burry Stander doodgery het, is in die Port Shepstone-landdroshof uitgestel.

“Die saak is tot 28 en 29 November uitgestel sodat nog bewyse ingesamel kan word,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, gesê.

Njabulo Nyawose het die 25-jarige Stander na bewering in Januarie tydens ’n oefenrit in KwaZulu-Natal doodgery.

‘n Patoloog, Lindani Nyawose het in die landdroshof op Port Shepstone getuig oor die noodlottige beserings wat die Olimpiese fietsryer opgedoen het toe hy in Januarie naby Shelley Beach deur ‘n taxi raakgery is.

Sy sê Stander se nek was gebreek en sy rugmurg was beskadig. Hy het ook bloeding op die brein opgedoen.

Die KwaZulu-Natalse vervolgingsgesag het in Maart vanjaar gesê die aanklag van strafbare manslag teen Nyawose is voorlopig teruggetrek, maar dié aanklag is in Julie weer ingestel. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.