Saak teen Lonminmyners uitgestel

Deel op
Duncan Scott
Duncan Scott in die warm stoel

Die saak teen die 270 Lonmin-mynwerkers en lede van die publiek wat aangekla word van openbare geweld, ‘n onwettige byeenkoms en besit van gevaarlike wapens is in die Garankuwa landdroshof tot 20 Maart volgende jaar uitgestel.

Die regsverteenwoordiger vir die mynwerkers, advokaat Dali Mpofu sê ‘n aansoek gaan voor die hof gebring word om die saak uit te gooi, omdat dit nie suksesvol verhoor kan word nie.

Hy sê die saak moet teruggetrek word hangende die uitkoms van die Marikana-kommissie van ondersoek.

Die mense is in hegtenis geneem na die onbeskermde staking by die Lonmin platinum-myn by Marikana in Augustus verlede jaar. Vier-en-dertig mense is dood nadat die polisie op stakende werkers geskiet het.

Intussen hervat die Marikana-kommissie van ondersoek vandag sy werksaamhede nadat dit ‘n week lank verdaag het.

Die getuienisleier, Matthew Chaskalson sal voortgaan om die polisie se Duncan Scott te ondervra, terwyl 28 getuies nog voor die kommissie moet getuig.

Advokaat Dali Mpodu sal weer gearresteerde en beseerde mynwerkers verteenwoordig ná ‘n hofbeslissing dat die werkers se regskoste deur die staat betaal moet word. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.