Geen begrotingsverrassings nie, sê ekonoom

Deel op
Dawie Roodt
Dawie Roodt

Ekonome verwag nie verrassings tydens die Minister van Finansies se medium termyn begrotingsrede vandag nie.

Die mediumtermyn-begroting word gesien as ‘n vooruitskouing van staatsbesteding oor die volgende drie jaar.

Ekonoom Dawie Roodt sê dit is algemeen bekend dat die ekonomie swakker gevaar het as wat aan die begin van die jaar in die vooruitsig gestel is, en dat die staatsinkomste sowat vyf miljard Rand minder sal wees as wat verwag is.

Hy sê dié begroting is nie die plek om beleidsveranderings aan te kondig nie en is gewoonlik slegs ‘n terugblik oor die jaar veral oor die land se ekonomie en die staat van finansies.

Roodt sê anders as in baie ander ontwikkelde lande is die staat se uitgawes in Suid-Afrika goed onder beheer. Die begrotingsrede word om twee-uur gelewer. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.