Nuwe beeldmateriaal wys glo vreedsame Marikana-betogers

Deel op
Marikana-slagting
Marikana-slagting

Beeldmateriaal wat voorheen nie beskikbaar was nie en wat die polisie se verklarings weerspreek oor hulle rol in die moorde is deur die Marikana se ondersteuningskommittee verkry.

Die beeldmateriaal wys glo hoe polisiebeamptes hulle pistole uithaal voor die beweerde aanval deur mynwerkers.

Dit wys ook hoe mynwerkers rustig aangestap kom en nie op die polisie afgestorm het soos voorheen beweer is nie.

Sowat 270 Lonmin-myners, wat op 16 Augustus verlede jaar in hegtenis geneem is toe 34 mynwerkerks by Marikana in Noordwes doodgeskiet is, sal ook vandag in die Garankuwa-landdroshof noord van Pretoria verskyn.

Die myners staan tereg op aanklagte van openbare geweld wat tydens ‘n onbeskermde staking by die Lonmin Platimun-myn plaasgevind het.

Die Marikana-kommissie van ondersoek na die dood van 44 mense tydens die voorval sal ook in Pretoria voortduur. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.