Ramphele se Agang aap Amerikaanse beleidsvoorkeure na

Deel op
Ramphele
Ramphele

Die leier van Agang, Mamphela Ramphele het in Washington gesê Suid-Afrika het hoë morele standaarde en internasionale respek verloor wat die land gehad het toe dit ‘n demokrasie geword het.

Sy het die Oliver Tambo-gedenklesing by die gesogte Georgetown Universiteit in Washington gelewer.

Ramphele het gepraat oor haar verkose onderwerp Hulde aan Oliver Tambo deur die herstel van die belofte van vryheid.

Voormalige President Thabo Mbeki, aartsbiskop Desmond Tutu en die Minister van Finansies, Trevor Manuel, het voorheen die lesing gelewer.

Ramphele het te velde getrek teen die kiesstelsel waar parlementslede nie direk deur kiesers aanspreeklik gehou word nie.

Sy sê die onlangse onthullings oor wanadministrasie by die OVK het die publiek se vertroue geskaad.

Sy het ook president Jacob Zuma daarvan beskuldig dat hy die regstelsel manipuleer om aanklagte van korrupsie te systap.

Sy het gesê Suid-Afrika se buitelandse beleid is uit pas met die beginsels van menseregte in die Grondwet, met verwysing na Zimbabwe, Darfoer en Birma en die weiering om aan die Dalai Lama ‘n visum toe te staan om die land te besoek.

Sy het die beleidsposisies van haar party uitgelê en gesê daar is ‘n behoefte aan ‘n gemeenskaplike Suid-Afrikaanse identiteit in ‘n land waar etnisiteit, godsdiens en klas mense se aandag aflei.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.