DRK, M23 steeds haaks

Deel op
Rebelle van M23
Rebelle van M23

Vredessamesprekings tussen die regering in die DRK en M23 rebelle is weer opgeskort.

NUUT!

Albei partye het kop uitgetrek kort nadat VN gesante gewaarsku het dat ‘n ooreenkoms bereik moet word om die rebellie, wat reeds 18 maande aan die gang is, te beëindig.

Die Kongolese regering sê die samesprekings is gestaak omdat daar nie ‘n ooreenkoms is oor amnestie vir die M23 rebelle nie en hul inlywing in die land se weermag.

Die rebelle het bevestig dat daar nog verskille is, maar sê hulle sal na die onderhandelingstafel terugkeer. Die regering het vroeër reeds gewaarsku dat die samesprekings op n mislukking afstuur. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.