Kei-pas deur rotsvalle versper

Deel op

keipasGroot rotse het op die Kei-pas op die N2  in die Oos-Kaap geval weens swaar reën, het die Arrive Alive-veldtog Dinsdag gesê.

Tshepo Machaya, ’n woordvoerder van Arrive Alive, het motoriste versoek om uiters versigtig te bestuur op die pas tussen Butterworth en Oos-Londen.

Machaya het gesê groot rotse wat reeds op die pad geval het, vertraag verkeer in die omgewing.

“Ons is besig om reëlings te tref dat opruimingswerk kan begin sodat verkeer weer vrylik kan beweeg,” het hy gesê.

’n Vragmotor het Maandag olie gestort in die Mtentu-gebied tussen Mthatha en Dutywa op die N2 en ’n aantal motors het in die reënweer omgeslaan.

Drie mense is ook in ongelukke in die gebied beseer. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.