Madonsela-verslag oor Nkandla klaar

Deel op
Thuli Madonsela
Thuli Madonsela

Die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, sê sy het die regering versoek om te sê hoever hy met sy besluit is oor waar om verslae heen te stuur as ondersoeke afgehandel is.

Madonsela het vroeër in ‘n onderhoud met die SAUK bekend gemaak dat die langverwagte verslag oor President Zuma se huis op Nkandla in KwaZulu-Natal afgehandel is.

Sy sê egter sy weet nie aan wie sy dit moet oorhandig nie, omdat wysigings nog nie aan die wet op uitvoerende lede se etiek gedoen is nie.

Madonsela se kantoor werk reeds maande aan die ondersoek na die Departement van Openbare Werke se opgraderings van meer as 200 miljoen rand aan president Jacob Zuma se privaatwoning. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.