
Die Suid-Afrikaanse swemmer Roland Schoeman het weereens sy staal gewys toe hy twee goue medaljes in die Doha-been van die 2013 Fina Wêreldbyeenkoms gewen het.
Die 33-jarige Schoeman het goud gewen in die 50 m-vlinderslag en -borsslag, terwyl Chad Le Clos ‘n derde goue medalje vir Suid-Afrika in die 200-vlinderslag verower het.
Myles Brown het ‘n silwer medalje vir Suid-Afrika verower toe hy net-net in die 400-vryslag vir mans teen Robert Hurley van Australië verloor het. – Sapa