‘n 27-Jarige swart man in hegtenis geneem in verband met nog ‘n moord by Marikana buite Rustenburg, het Noordwes polisie gesê.
Die mans is in die Groep 5-seksie van die Lonminmyn in hegetenis geneem, waar die moord gepleeg is.
Die aanvaller het sy slagoffer in bors bors gesteek en hy is op die toneel dood.
Gerugte wil dit hê dat die moord verband hou met die twis tussen die twee strydende vakbonde, maar die polisie sê dit is nie bekend of die oorledene aan een van die strydende vakbonde, die NUM of Amcu behoort het nie.
Die NUM-leierskap sal Maandag met die polisie vergader oor vordering in die ondersoek na die moord van een van die takvoorsitters by die Westelike platinum-afdeling naby Koppie verlede week.