‘Eienaars moet meer vir plaaswerkers doen’

Deel op
De Doorns
De Doorns

Die minister van arbeid, Mildred Oliphant, sê hoewel goeie werk gedoen is om die lewensomstandighede van plaaswerkers te verbeter, is daar nog sake wat aandag moet geniet.

Sy het gepraat na ‘n seminaar deur die departement van arbeid met plaaswerkers op Sitrusdal aan die Kaapse weskus.

Die seminaar het gevolg na ‘n weeklange besoek van die departement aan die Kaapse Weskus en die Wynlandgebied.

Die minister sê eienaars van twee plase wat sy besoek het, het werkers se huise opgegradeer, maar dat hulle werkers te veel huur vra.

Werkstoestande en beroepsveiligheid op plase is ook op die seminaar bespreek.

Intussen het die plaaswerkersvakbond, BAWUSA, Oliphant versoek om die verhoging van die minimumloon wat op 1 Maart 2014 in werking tree, te heroorweeg.

‘n Woordvoerder van die vakbond, Nosey Pieterse, sê ‘n verhoging van inflasie plus twee persent is nie voldoende vir werkers om te oorleef nie.

Hy het ook gevra vir algehele voldoening aan die loon sektorale vasstelling van R105 per dag. Die nuwe loon is vroeër vanjaar vasgestel ná onrus op plase in die Wes-Kaap. – RSG

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.