Jongste plaasaanval glo met satanisme verbind

Deel op

bloodmurderRapport berig dat die letters “666” tydens die jongste plaasaanval in bloed op die mure van die opstal geskryf is.

Die moorde op David de Villiers en sy vrou Ralie, van Barkly-Oos in die Oos-Kaap vermoor het, was glo deel van satanistiese bedrywighede.

Misdaadkenners glo dat die syfers na ‘n bende – die “666” – verwys wat veral in gevangenisse, skole en townships in Lesotho en die Vrystaat aktief is.

Die 22-jarige verdagte is kort ná die grusame moord in hegtenis geneem, en sal vandeesweek in die Landdroshof op Barkly-Oos verskyn.

In Parow in die Wes-Kaap sal ‘n 17-jarige seun in die plaaslike hof verskyn in verband met die dood van ‘n tiener en moontlike satanistiese bedrywighede.

Die onthoofde liggaam van die 15-jarige tiener is vroeër die week by ‘n verlate skoolgebou gekry

Die seun is Saterdagaand in Ravensmead in die noordelike voorstede van Kaapstad in hegtenis geneem. .

Die polisie het Saterdag die res van die liggaam in die agterplaas van die huis gekry waar die verdagte woon. ‘n Biddiens sal vandag by die skoolgebou gehou word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.