9 nominasies vir Motor van die Jaar by JIMS

Deel op

deur André Olivier

By die Johannesburgse Internasionale Motorskou, wat tans by die NASREC Uitstalsentrum, suid van Johannesburg gehou word, is die  2014 WesBank / SAGMJ Motor van die Jaar-finaliste aangekondig. Die aankondiging van die 2014 Motor van die Jaar- finaliste volg op ‘n stemming wat uitgebring is deur ‘n juirie van 30 lede, wat deur hul eweknieë in die Gilde verkies is.

Die nege finaliste vir die 2014 WesBank / SAGMJ Motor van die Jaar-kompetisie, Suid-Afrika se topmotorbyeenkoms, is (in alfabetiese volgorde) :

2013 Audi A3 Sportback 1.4T FSI Handrat (Ons gunsteling om te wen)
2013 Jaguar F-Tipe 3.0 V6 S
2013 Lexus IS 350 F-Sport
2013 Mercedes-Benz A 45 AMG
2013 Peugeot 208 GTI
2013 Porsche Cayman S
2013 Renault Clio IV 66kW Turbo Dynamique
2013 Volkswagen Golf 1.4 TSI 7 90kW Comfortline DSG
2013 Volvo V40 D3 Geartronic Excel

Die Audi A3 Sportback
Die Audi A3 Sportback
Die Jaguar F-tipe
Die Jaguar F-tipe
Die Lexus IS 350 Sport
Die Lexus IS 350 Sport
Die Mercedes A45 AMG
Die Mercedes A45 AMG
Die Peugeot 208 GTi
Die Peugeot 208 GTi
Die Porsche Cayman S
Die Porsche Cayman S
Die Renault Clio IV
Die Renault Clio IV
Die VW Golf 7
Die VW Golf 7
Die Volvo V40
Die Volvo V40

Die volgende stap in die proses is om ‘n streng twee dae lange evalueringsessie  te hou. Die sessie sal in Gauteng in Januarie 2014 gehou word. By die geleentheid sal al die Juriegildelede die finalismotors deur ‘n sarsie statiese en dinamiese toetse neem. Die  evaluering en toetsprosedures word by die wêreldbekende Gerotek-toetsfasiliteit naby Pretoria gehou. Dit bly ‘n kritieke aspek waar die Jurielede die motors onafhanklik evalueer op voorwaarde dat individuele voertuie getoets word op roetes en modules soortgelyk aan die manier waarop die gemiddelde verbruiker die motor sal gebruik.

Die evalueringsdae bied die Jurie die geleentheid om hulself herbekend te stel met die voertuie en spesifieke aspekte soos estetika, bougehalte, ergonomie, brandstofverbruik, omgewingsvriendelikheid, veiligheid en waarde vir geld, om net ‘n paar aspekte te noem. Die Jurie sal ook toegang hê tot onafhanklike prestasietoetsdata, vergelykende pryse en spesifikasiedata van RGT Smart, asook vergelykende onderdeelprysdata, wat saamgestel is  deur Malcolm Kinsey.

Terwyl al die modelle geag word om voorbeelde van uitstaande motoringenieurswese te verteenwoordig, kan daar net een wenner wees in die oë van die Motor van die Jaar-jurielede. Die spesifieke motor moet oor by uitnemendheid oor al bogenoemde eienskappe beskik.

Die wenner van die 2014 WesBank/SAGMJ Motor van die Jaar sal  tydens ‘n glansgeleentheid in Februarie 2014 aangekondig word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.