Ons vat geen morele lesse van Duitsers, Antje Schuhmann

Deel op

roodt_dan_wiki

deur Dan Roodt

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Eergister was ek saam met my 11-jarige seuntjie, ‘n motorgeesdriftige met sy eie aanlyn- virtuele “motormaatskappy” by die Johannesburgse Motorskou. By die BMW-afdeling het ‘n besoekende Duitser aan my gesê dat een uit elke sewe van sy landgenote in die motorbedryf werksaam is. Sommige is blykbaar ook dosente aan Engels-Suid-Afrikaanse universiteite, want enkele dae gelede is ‘n groteske aanval deur ene Antje Schuhmann van Wits op die Rooi-Oktober-betoging, asook Afrikaners geloods onder die titel: Red October: part of the rise of global, right-wing white supremacy?

Schuhmann is nie baie subtiel nie, want sy skel sommer die vorige Afrikanerregering uit as:

…the last state-organised white supremacist anachronisms, upholding racist fascist ideologies in order to legitimise a murderous system of white domination? My interest is to outline the parallels the Red October phenomenon has with other extremist movements, particularly in Germany, and to then provide some institutional and civil society responses.

In die Daily Maverick verskyn 'n advertensie vir 'n luukse Mercedes-Benz soos wat korrupte staatsamptenare graag ry, langs Antje Schuhmann se aanval op Afrikaanse betogers
In die Daily Maverick verskyn ‘n advertensie vir ‘n luukse Mercedes-Benz soos wat korrupte staatsamptenare graag ry, langs Antje Schuhmann se aanval op Afrikaanse betogers

Ons, die “rassisties-fascistiese… moordenaars” waarna die skryfster verwys, betaal egter die belastings wat korrupte munisipale en staatsamptenare in staat stel om luukse Duitse motors soos Mercedes-Benze of BMW’s te koop. Toevallig verskyn daar naas Schuhmann se kwasi-kommunistiese tirade teen Afrikaners ‘n advertensie vir ‘n baie duur, sportiewe Mercedes soos wat staatsamptenare en ontvangers van SEB-voordele gewoonlik bestuur. En in vele opsigte is die skryfster besig om die institusionele korrupsie en geweldsmisdaad, selfs volksmoord van die nuwe Suid-Afrika te verdedig – ten einde Duitse motormaatskappye in staat te stel om nog luuksevoertuie in ons land te verkoop!

Soos ek al voorheen geargumenteer het, is die huidige Suid-Afrikaanse stelsel patologies van aard. Daarom lei dit onvermydelik tot vorme van sadisme waar weerlose oumense en vroue deur “vryheidsvegters” aangeval, verkrag en tot die dood toe gemartel word. Die linkse, globalistiese en internasionalistiese diskoers skeld hulle gedurig vry van enige verantwoordelikheid vir hul gruwels, wat niks minder as oorlogsmisdade is nie. Die grondslag vir hul morele kwytskelding is sosio-ekonomies. Omdat die swart bevolking as groep gemiddeld “armer” as die blanke bevolking is, is hul sadistiese moordparty geregverdig. Tydens die Al Jazeera-debat toe ek en Sunette Bridges saam teen Christi van der Westhuizen en Sipho Singiswa geargumenteer het, het Van der Westhuizen weereens met dié argument vorendag gekom. Vanweë “inkomste-ongelykheid” in Suid-Afrika, is swart sadisme, korrupsie en misdaad implisiet geregverdig en “legitiem”.

Die teenpool van sadisme is natuurlik masochisme. Ons is veronderstel om die huidige geweld, anargie en wetteloosheid te “geniet”. Trouens, dit is die boodskap wat telkens aan ons oorgedra word, dat geweld in die vorm van moord en verkragting ‘n noodwendige uitvloeisel van sogenaamde “demokrasie” is en dat ons daarmee vir lief moet neem!

Die parallelle wat Schuhmann tussen Afrikaners en Duitsers tref, is onverskoonbaar, selfs lasterlik. Sy sien byvoorbeeld ‘n ooreenkoms raak tussen Steve Hofmeyr se kommentaar oor Verwoerd se skoolbouprogram tydens die betoging by die Uniegebou en mense wat Hitler probeer rehabiliteer:

Firstly, historic revisionism and denialism. The expression “Hitler… if he would not have done this thing with the Jews… but he gave us highways and decreased unemployment” resonates with Hofmeyr saying about Apartheid “no, I don’t think all of it was wrong but it couldn’t go on forever[…] Hendrik Verwoed gave us good schools, how can I say that’s wrong?”

Terwyl Duitsers Jode in konsentrasiekampe geplaas het, het ons vir swartmense skole en klinieke opgerig. Brittanje het in ons land konsentrasiekampe bedryf en hierdie Duitse vrou is in haar argument besig om die Brits-koloniale volksmoordlogika dat “Afrikaners moet verdwyn” te herhaal. Want, sê sy, enige aandrang op volkskap of wat sy op Duits Volksgemeinschaft noem, is per se rassisties!

Tesame met die afstootlike Afrikanerverraaier, Christi van der Westhuizen, maak sy die vrees en verskrikking wat ons slagoffers van plaasmoorde en huisaanvalle ervaar af as Angst, oftewel verbeelde/sielkundige angs! Met ander woorde, die moorde en verkragtings waaroor die media elke dag berig, bestaan net in ons verbeelding.

'n Toneel in Inglourious Basterds waar die 'Beer-Jood' 'n Duitser op sy knieë met 'n bofbalkolf vermorsel
‘n Toneel in Inglourious Basterds waar die ‘Beer-Jood’ ‘n Duitser op sy knieë met ‘n bofbalkolf vermorsel

Ek wil my nie veel uitlaat oor die stryd tussen Duitsers en Jode nie, behalwe om te sê dat dit dikwels tot perversie aanleiding gee. Enersyds is daar masochistiese Duitsers (soos hierdie Schuhmann?) wat steeds derms uitryg oor die tweede wêreldoorlog en andersyds is daar Jode soos die Weinstein-broers wat ‘n rolprent soos Inglourious Basterds deur die geweldskultusregisseur, Quentin Tarantino, laat maak het. In die film kry ‘n Jood geleentheid om Duitse krygsgevangenes se harsings letterlik een na die ander met ‘n bofbalkolf uit te slaan. Joodse slagofferskap regverdig Joodse sadisme teenoor Duitsers (net soos swart slagofferskap in Suid-Afrika swart-op-Afrikaner-sadisme sou regverdig?). Die held, die “Beer-Jood” (Bear Jew), verlustig hom in sy teregstellings van Duitse krygsgevangenes.

In ‘n berig in The Atlantic, beskryf Eli Roth, die Joodse akteur wat die protagonis vertolk, die film as “kosjerporno” (kosher porn):

““It’s almost a deep sexual satisfaction of wanting to beat Nazis to death, an orgasmic feeling,” Roth said. “My character gets to beat Nazis to death. That’s something I could watch all day. My parents are very strong about Holocaust education. My grandparents got out of Poland and Russia and Austria, but their relatives did not.”

Tarantino’s producer, Lawrence Bender, says that after reading the first draft of Inglourious Basterds, he told Tarantino, “As your producing partner, I thank you, and as a member of the Jewish tribe, I thank you, motherfucker, because this movie is a fucking Jewish wet dream.” Harvey and Bob Weinstein, the film’s executive producers, also reportedly enjoyed the film’s theme of Jewish revenge.

Tarantino told me he has received only positive reactions from his Jewish friends. “The Jewish males that I’ve known since I’ve been writing the film and telling them about it, they’ve just been, ‘Man, I can’t fucking wait for this fucking movie!’” he told me. “And they tell their dads, and they’re like, ‘I want to see that movie!’”

Nog 'n toneel uit Inglourious Basterds waarin die geregverdigde moordlus van die slagoffer opgehemel word
Nog ‘n toneel uit Inglourious Basterds waarin die geregverdigde moordlus van die slagoffer opgehemel word

Die gelykstelling van die NP-beleid met nazisme is ‘n propagandategniek wat deur Joe Slovo, Brian Bunting (skrywer van The rise of the South African Reich) en ander kommuniste aangewend is. Ons weet ook dat die terreurveldtogte van die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty onder leiding van Joe Slovo met die hulp van die Oos-Duitse geheimediens, alombekend as die Stasi, geskied het. In die biografie van Markus Wolf, die voormalige hoof van die Stasi, word vermeld dat hy en Joe Slovo noue bande gehandhaaf het.

Anjte Schuhmann en die Daily Maverick maak van dieselfde Stasi- en SAKP-tegniek gebruik om Afrikaner-beswaarmakers teen plaasmoorde en ander geweld as neo-Nazi’s te konstrueer. Sy beweer selfs dat die kleure van die Red October-webwerf, wat deur Sunette Bridges gekies is, die kleure van die Nazi-party en die AWB reproduseer:

…Red October, citing Martin Luther King on its English-only website, follows that logic, yet borrowing the red, white and black colours of the German National Socialist Party and the Afrikaner Weerstandsbeweging.

Duidelik is die handskoene nou af in die Links-Regs-stryd in Suid-Afrika en gaan ons mekaar as Nazi’s en Staliniste uitskel. Schuhmann en die Daily Maverick het egter heelwat meer in gemeen met die Stasi, die muurskieters van Oos-Duitsland en die Sowjet-goelag as wat ons Afrikaners met Nazi’s het. Indien die Rooi Oktober-veldtog enigiets bereik het, is dit ook om die onderliggende Boerehaat hier in Johannesburg, aan Wits en in die geledere van die Daily Maverick-medewerkers te ontbloot.

Afrikaners wat soos die Suidlander-groepering daaroor fantaseer dat daar op ‘n dag “hulp uit Duitsland” sal opdaag om ons uit die huidige dwingelandy te “bevry”, kan gerus daarvan vergeet. Terwyl die ANC ons staatskas leeg steel, word ‘n groot deel van daardie fondse aan Mercedes-Benze bestee.

Die een se dood is die ander se brood, soos hulle sê.

Noem Antje Schuhmann ‘n ideologiese werktuigkundige van die Vierde Ryk, dié van Daimler-Benz en die ander groot Duitse motormaatskappye. Ons sal nie enige morele lesse vanuit Oos-Berlyn, Stuttgart of München vat nie.

En dalk is dit hoog tyd dat Afrikaners na Franse of Koreaanse motors toe oorskakel?

[followbutton username=’danroodt’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Hou van Dan Roodt se Facebookblad

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.